‘Superstede’ ʼn resep van rampspoed, sê VF Plus

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: GCIS)

Die regering se plan met die skep van superstede in Suid-Afrika is ʼn resep vir rampspoed aangesien die huidige stede en dorpe nie eens in stand gehou kan word nie, meen Philip van Staden, woordvoerder van die VF Plus.

“Pres. Cyril Ramaphosa het gister tydens sy repliek ná die staatsrede die hoop uitgespreek dat sulke ‘superstede’ teen die jaar 2030 ʼn verdere 10 miljoen mense sal kan akkommodeer. In dieselfde asem het hy gesê die huidige situasie in stede is nie volhoubaar nie en dat daar reeds ʼn agterstand is met die bou van skole, klinieke en hospitale,” het Van Staden gesê.

Minister Patricia de Lille het hieroor aangekondig dat die privaat sektor betrokke moet raak by die bou en instandhouding van infrastruktuur vir ʼn tydperk van 20 jaar waarna dit weer aan die staat oorgedra moet word.

“Met die huidige toestand van munisipaliteite, waar dienslewering totaal agteruit gegaan het weens die swak bestuur en ineenstorting van infrastruktuur, kan die VF Plus nie sien hoe die skep van superstede gaan help om hierdie probleem op te los nie,” voeg Van Staden by.

Die VF Plus is van mening dat so ʼn stap bestaande stede in ʼn groter gemors sal dompel as wat tans die geval is. “Indien die privaat sektor nie in die minister se voorstel gaan inkoop nie, sal hierdie plan van superstede die huidig rampspoedige situasie net vererger.”

Hy sê dit is goed om ideale oor die toekoms te hê, maar in ag genome Suid-Afrika se huidige politieke omstandighede, wanbestuur en korrupsie, is dit duidelik dat superstede soos in Amerika nie haalbaar is onder ʼn ANC-regering nie.

“Die totale ontvolking van die platteland sal spoedig gekeer moet word en die ideale model sal wees dat rasgedrewe wette soos regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) geskrap moet word, misdaad uitgeroei moet word, en Suid-Afrika aantreklik gemaak moet word vir buitelandse beleggers. Sodoende sal ekonomiese groei bewerkstellig word en voldoende werksgeleenthede sal regdeur die land geskep word. Die platteland se ekonomieë, werkskepping en groei, kan sodoende gestimuleer word.”

Volgens hom wil die VF Plus sien dat alle bestaande infrastruktuur eers opgegradeer, reg bestuur en beheer word voordat die regering begin droom oor superstede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johan ·

Selfs die ANC sal moet saamstem dat die meeste munisipaliteite uiters swak bestuur word. Waarom superstede bou en dit óók die afgrond in bestuur maak doodeenvoudig nie sin nie

Iens ·

Johan ek wil weet wat bedoel hulle met superstede? Ek is seker dom, maar ek weet nie. Ek hoop jy sal vir my antwoord.

Oom Willem ·

Enigeen wat in die sestiger tot tagtiger jare in plaaslike bestuur betrokke was weet dat hoe kleiner ‘n plaaslike bestuur se regsgebied is hoe doeltreffender kan dit beheer en bestuur word.

Barend ·

Die keiser is kaal ….wie kan daai storie onthou …wel ek dink dat ons dit vir ou president moet vertel

Daan ·

In die middestad van Pretoria staan drie moderne woonstelgeboue (Super), 20 verdiepings elk, wat kaal gestroop is. Reg om af gebreek te word…

Andreas ·

Hoe gaan daai spreekwoord nou weer van die windmeul wat iemand geklap het, sommer doer van ‘n afstand af? Aha, en dan moet die privaat sektor betrokke raak by die bou en instandhouding van infrastruktuur vir 20 jaar en dit daarna aan die staat oordra. Hoe arrogant kommunisties sosialisties kan mens wees, ‘n Goodwolf in skaapsklere?

Andreas ·

En in Cyril se stad sal daar geen parke of groen oop ruimtes wees nie, want Patricia
de Lille sal die gebiede wat daarvoor opsy gesit is met laekoste behuising vul.

Jerry ·

As superstede rampspoed is dan sal die VF tog seker planne he om die rampspoed te stop, want die plan om bestaande stede eers reg te maak is baie edel, maar gaan nie gebeur nie. So wat is die VF se plan dan? want dit is waarvoor daar n plan moet wees, die plan om die ANC te laat afsien van die superstede en ek sien nie daardie plan nie! Dit is soos staatskaping, die VF het daarvan geweet, maar geen plan gehad om dit te stop nie!

Ander Gert ·

Jerry, as jy Philip van Staden se kommentaar deeglik gelees het, dan sou jy gesien het dat hy voorstel dat “rasgedrewe wette soos regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) geskrap moet word”.

Daardie is wette wat maak dat die beste mense nie die werk doen nie, en is een van die redes dat ons bestaande stede soveel moeilikheid het. Dit gaan met korrupsie gepraard, en skrik ook beleggers af.

VF+ se plan is om, met die grootter mandaat van 8 Mei, daarteen terug te slaan.

Kallie ·

Daardie wette sal nie geskrap word nie. Die VF+ kan maar skop, skreeu of slaan.

sweis ·

Die VF+ blyk die enigste party ry te wees wat vra dat diskriminerende wette teen minderhede geskrap moet word ek hoop elke DA stemmer neem kennis hiervan en maak die VF+ sterker by die volgende verkiesing want dit is die enigste politieke party wat na ons kinders wat al 25 jaar na apartheid nog steed verdruk word deur wetgewing in n land waar hulle belasting moet betaal.

marco polo ·

Dit help nie daar word net gevra om diskriminerende wette te stop nie. Ons weet wat die antwoord is. Wanneer gaan daar terug geslaan word? Of was dit net n verkiesingsfoefie?

sweis ·

Terugslaan beteken nie nie n dreigement van aanranding of geweld nie dit beteken die onregverdige diskriminasie gaan aangespreek word,plaasmoorde en stygende misdaad gaan aangespreek word onthou as niemand kla oor iets beteken dit jy is tevrede en aanvaar dit presies wat die DA doen.

Deon ·

Die land se probleme is nou groter as die Afrikaner se probleme. Werk eerder saam met gematigdes om ‘n sterk sentrale kern te vorm.

Johanna Botha ·

Kan nie eers n pothole regmaak nie …droom voort !

Gert van Wierdapark ·

Superstede met pres Super-Cyril aan die stuur van die Boeing-Boeing Gone with the WIND and SAL!!!

lewies ·

As die “superstede” gebou word om die ramp van ‘n bevolkingsontploffing te keer het ek slegte nuus vir die bouers en die regering. Die wetteloosheid en sonde seksuele losban-digheid wat die oorsaak is van ‘n bevolkingsontploffing sal nie seevier nie.

sweis ·

Ek dink hy moet bekwame mense aanstel op meriete ongeag van ras of geslag en ek sal nie veel lees uit die stad bouery nie soos hy gesê het dit is n droom,wat wel ondersoek moet word is die chinese wat n stad soortgelyk aan Santon by Modderfontein wil bou .

Christa ·

Skep die superstede sodat dit ook Kan afgebrand word. Die belasting betalers se geld word nie genoeg vermors nie.

Wonder ·

Natuurlik is daar n agsterstand wat skole en klinieke aanbetref, want dit word gedurig AFGEBRAND!!! Dus….hoe sal hierdie ‘superstede’ dan enigsins anders wees as die huidige probleme nie eens uitgesorteer kan word nie???

jaco ·

die VF-Plus se mense kon nie eens van Orania n stad maak nie, dis in 1991 met net 60 mense gestig. op die stigtingsdag het die leiers van Orania gesê “oor 25 jaar woon hier 60duisend mense”. daars vandag skaars 1200 EN hulle is verdeel in TWEE skole en AG kerke.

Michael P ·

Kyk hulle kan nie eers hulle werk nou doen nie wat se droom werld lewe die mense in en hoor nou vir ou rondspringer privaat moet bou en dan terug gee vir die staat dit is net nog n bewys dan die staat nie in staat is om so iets te bou nie en kan jy jou voorstel al die kurupsie. Kan jy dit oor vertel.

Emma ·

Nee die chinese gaan dit bou en as die regering nie kan terugbetaal nie dan vat hulle die stad

George in Bloem ·

Dis niks meer as super drome deur super onbevoegdes nie.

Frm ·

Ag asb hou tog op glo in al die strooi wat al die politieke partye kwyt raak. Die burgers wat saam staan is al manier om enigiets te stop of verander. Ek kry die idee dat al ons afrikaanse organisasies en partye daarop uit is om ons die heletyd te kalmeer en te verlam. Nee wat dit is tyd.

Kallie ·

Elke ou en sy hond werk vir eie belang. Die gedweë volgelinge gaan die spit afbyt.

Yes my china ·

Hierdie “super stede” gaan sekerlik deur die Chinese gebou word en bewoon word……..

Ons Suid Afrikanertjies gaan terug na die vervalle grasdak rondawels…by gesê as daar nig iewers gras oor is

Riena ·

Trek Orania toe, kry `n klomp kinders en bou aan `n toekoms waarmee ons kan assosieer. Moenie oorgelewer wees aan `n burokratiese bestel wat net op die afgrond afstuur nie. Werk self. Dink tot dit sin maak.

Danie ·

Dis nogal snaaks om al die kommentare oor die beoogde droom te lees.Die President het goed daarin geslaag om almal, veral witmense warm onder die kraag te maak. Hy mag droom maar ons weet dis prakties onmoontlik.Me P De Lille is ‘n nuwe besem wat nou nog nie kan glo wat met haar gebeur het en sal dus soos enige skoothondjie alle belaglike ondeurdagte uitprake maak..Die dwarrelwind sal gaan le. Die Chinese raak ook al skugter vir Afrika. Hierdie jakkals in die hoenderhok beklemtoon net weer die feit dat Afrikaanssprekendes nie kan saamstaan en genot put daaruit om mekaar af te kraak. Wat het gebeur van : Eendrag maak Mag?Dis maar weer “elke haan op sy eie mishoop”. God sal beskik.

Ans Watkins ·

Hulle kan nie eers dit wat bestaan in stand hou nie. Hulle moet ook dink aan die afval, alles is reeds so besoedel. Afval sal nie verdwyn, dit moet reg verwerk word. Mense verstaan dit net nie. Aish.

Ben Wolmarans ·

Wonder wat die cinese in ruil wil he vir die belofte aan ramaposa?

Elizabeth Kupke ·

Julle almal kyk verby dit wat die president beplan.
Verbeel +-30, 20-30 verd geboue, half gebou.
Los dit net so & sê trek in. Hulle plunder tot net sement oorbly. Siedaar, hy het sy woord gestand gedoen. Hulle stem weer vir lollipop????

Herman van Staden ·

Hahahaha…. die ANC kan nie eers n dorpie soos Fouriesburg aan die gang hou nie. Super stede ???????

A Mac ·

Nou waar gaan hierdie stede opgerig word? Wat se industrieë of enige werkverskaffing gaan daar wees om mense te trek? Die stede, gaan dit deur die regering of deur privaat instansies begin word? Wat van die bestaande stede? Hoekom nie hulle beter instand hou en al die leë gebou en fabrieke herstel vir okkupasie nie? Die bestaande stede kan nie eers in die werkloosheidsvraag voorsien nie, wat laat die president dink die superstede sal dit kan doen? Droom, sowaar, nou word ons land regeer deur ‘n dromer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.