Supra hoor oor toekoms

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes. Foto: ANA

Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Noordwes het Woensdag gesê hy het besluit dat Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, in sy amp sal aanbly.

“Die komitee het vanoggend besluit dat comrade Supra nêrens heen gaan nie,” het Zanele Mphafudi, die waarnemende streeksvoorsitter van dr. Kenneth Kaunda- streek, gesê.

Die komitee het Woensdag lank vergader om Mahumapelo se posisie te bespreek.

Mphafudi het gesê die komitee sal in gesprek tree met die ANC se nasionale komitee om dié besluit te bespreek.

Dié nuwe verwikkelinge volg nadat Mahumapelo Dinsdagaand aan die SAUK gesê het hy sal teen Woensdagmiddag “die voormalige premier van Noordwes” wees. Ure vroeër het Mahumapelo in sy provinsiale begrotingsrede bevestig hy sal voor Vrydag “ʼn brief aan die speaker van die wetgewer oorhandig”.

Hoewel hy nie uitgebrei het oor wat die inhoud van die brief sal behels nie, is daar wyd verwag dat dit sy amptelike bedanking sal wees ná weke lange volgehoue druk uit alle oorde dat hy moet bedank.

Betogers het weke lank aan gewelddadige protesoptredes deelgeneem om te eis dat Mahumapelo sy tasse pak. Inwoners beskuldig die premier van korrupsie, wat hulle meen die rede is vir die swak toestand waarin die provinsie verkeer. Op talle plekke is daar ʼn ooglopende gebrek aan basiese dienste soos water en sanitasie. Betogers is ook ontevrede oor die provinsiale regering se onvermoë om werkskepping in die provinsie te bevorder.

Mahumapelo het verwarrende kriptiese boodskappe in sy begrotingsrede gegee. “In sommige kritieke gevalle in ons lewe word daar op ons as lid van die mensdom ʼn beroep gedoen om die essensie van die afwesigheid van teenwoordigheid te skep. Dit is daarom dat ek binne die konteks van hierdie essensie van afwesigheid van teenwoordigheid en in volle ooreenstemming met die grondwet vir die speaker sal skryf met hierdie onderneming voor Vrydag vandeesweek,” het hy gesê.

Laat Dinsdagaand het die ANC gesê hy aanvaar Mahumapelo se besluit om vrywillig van sy amp afstand te doen, maar die ANC meen hy kon nie dié besluit neem sonder om eers hul goedkeuring te kry nie.

Mahumapelo (49) het op 21 Mei 2014 die vyfde premier van Noordwes geword. Hy het Thandi Modise opgevolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Tipies ANC. Altyd die ANC en kaders eerste die streek en provinsie en land laaste. AS hulle. enigsins op die lys kom.

En more brand en breek en verwoes die gegriefdes weer die Noord Wes. ANC LEGACY

Cherokee ·

Nie eens die bewerings oor korrupsie word ondersoek nie.

Ag Tog ·

Hulle het geen reg om te kla nie. Hulle het maar net gekry wat hulle voor gestem het.

Sommiges onder ons ook ·

Presies, en dit sluit die onder ons wat nie stem nie in.

snoefie ·

@sommiges onder ons ook, dan is hulle die draadsitters altyd eerste om te kerm en kla oor alles. besef nie hulle onwilligheid om te stem het hulle rwg om te kla weggeneem nie.

Johann cb ·

Hy het oënskynlik bedank met sy opmerking vroeër, en sy party moet hom van sy pligte onthef, net soos wat Me DeLille se party met haar gedoen het…
Kom ons hoop geregtigheid geskied!

Andre ·

Sien pas oor hierdie aangeleentheid op E-Nuus dat Piet Croukamp as ‘n “politieke kenner” beskryf word! Wat ‘n grap!

Joshua ·

Korrup en onbevoeg is die beginsels om n ANC Primierte word en te bly-en daar is baie van hulle.

Oom Kalahari ·

Hy het bedank en is terug getrek. Te dikvellig. Seker deur Z ingelig.

PJC ·

Almal volg nou JZ se voorbeeld en laat hulle nie sommer uit hierdie lekker poste ontsetel waar hulle beheer het oor belastingbetalers se geld nie.

Vryheid ·

RSA gedoem onder die anc niks sal verander – korupsie, leuns, staatskaping, lee beloftes en vergryping.

Louis ·

Daardie brief het heelwaarskynlik nie sy bedanking aangekondig nie maar wel met n hele sak patats wat die ander impliseer in hulle aandeel aan korrupte aktiwiteite. Daarom dat besluit is dat dit vir hulle veiliger sal wees as hy aanbly.

JM ·

Ek wonder hoeveel van die korrupte geld verduistering het hy aan die anc hoës waarmee hy vergader het belowe om in die pos aan te bly.

Elizabeth ·

Dit is nou hier waar ons (saam met AfriForum en Solidariteit) ‘n slag ons stemme baie dik moet maak en ook ‘n dreigende houding moet inneem – maar soos dit ons betaam nie tot brandstigting en geweld oorgaan nie. Is daar nog beskaafde maniere waarop mens in hierdie land probleme kan oplos? Kan daar nie dringend ‘n referendum in NW gehou word nie? Wat my bekommer is dat ons as oorlaaide belastingbetalers nog sy onmoontlik hoë salaris moet betaal, veral as die saak nou weer maande of jare hangende gaan bly. Kan ons nie ‘n slag ons belastings weerhou nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.