Sussie hou boetie (7) vas ná voertuig hom tref, wegjaag

Argieffoto

ʼn Sewejarige seun is dood nadat hy Maandagmiddag in Pinetown, KwaZulu-Natal, raakgery is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die beweerde tref-en-trap-voorval het omstreeks 15:00 in Fanninweg plaasgevind.

“Die seuntjie se sussie het hom vasgehou toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle was deur ʼn groep omstanders omring,” het Siddall gesê.

Die seun het ernstige beserings opgedoen en is dadelik behandel. “Na verskeie pogings om sy lewe te red is hy dood voor sy aankoms by die RK Khan-hospitaal.”

Die polisie en owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

t ·

“beweerde” tref-en-trap? Met soveel ooggetuies, watter moontlike ander oorsaak kon dit wees?

MissDemeanor ·

Ek hoor jou “t”. Maar voor ‘n saak in die hof verskyn het, mag ons nie oordeel of iemand skuldig is of nie. Jy sien mos in die nuus hoe lyk “bundu justice” wanneer die gemeenskap besluit iemand is skuldig. Soms is dit wel ‘n inbreker of verkragter wat gestenig word of lewend aan die brand gesteek word. Maar soms word mense valslik beskuldig en gaan dan dood. Daarom gebruik ons woorde soos “beweerde” totdat die hof besluit het of daar ‘n saak is, en teen wie dit is. Nietemin, ek hoop dst van die ooggetuies die nommerplaat / voertuig kan beskryf sodat die hof die oortreder kan straf. Arme kind en sy familie, self al word doe oortreder gestraf is daar geen geregtigheid vir ‘n kind wat so doodgaan nie.

Anoniem ·

Daai arme, arme sussie is seker so getraumatiseerd. My hart gaan uit na haar, en ook haar ouers.

Uvonka ·

Hartverskeurend en tragies om te weet dat nie eers ‘n sewejarige of enige kind se lewe enigsins iets werd is nie. Sterkte aand die gesin veral die susssie.

dovaz ·

Liewe Here! Nog a onskuldige kind! My hart bloei erg vir daai ouers. Die sussie wat moes nutteloos sit en toekyk hoe haar liefing broer moes sterf. Sterkte aan die ouers met hul groot verlies. ☹?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.