Sussies en vriendin verdrink in die Oos-Kaap

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Die polisie in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná drie jong meisies Saterdag by Cebe-strand verdrink het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie meisies het Saterdag omstreeks 14:00 gaan swem. “Duikers van die polisie in Oos-Londen is ontbied om na hulle te soek, maar hulle is ongelukkig nie gevind nie. Die duikers het die soektog Sondagoggend hervat.”

Die Centane-polisie doen ʼn beroep op inwoners van Cebe Village om hulle dadelik by 073 288 0340 te kontak indien die liggame uitspoel.

Die drie meisies is twee susters, Timna Tshomela (14) en Sisenakho Tshomela (13), en hul vriendin Liyabona Gagu (14).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Africangrey ·

Ag nee man, hoekom was hulle dan nie by die huis nie? Op die leeftyd verstaan n mens mos nou al baie dinge, my innigge simpatie met die families.

Gerhard ·

Wat van “lockdown” hulle moes by die huis gewees het…..hoe laat ouers kinders uitsonder toesig??

Yvonne ·

Ongehoorsaamheid is ons eie grootste vyand….jammer vir die gesinne wat geraak is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.