Sussies in Limpopo gesoek ná verdwyning

Kamogelo en Tshegofatso Raphasha word sedert Maandag vermis. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo soek onverpoos na twee minderjarige sussies wat sedert Maandag vermis word.

Klein Tshegofatso (6) en haar ousus Kamogelo (7) is Dinsdagmiddag as vermis aangemeld nadat hulle die vorige dag vir die laaste keer in die Marobjane-nedersetting in die Senwabarwana-polisiëringsgebied gesien is.

Die sussies is in die geselskap van ’n familielid – ’n 26 jarige vrou wat glo verstandelik gestrem is – by die huis weg en het sedertdien nog nie teruggekeer nie.

Lede van die plaaslike polisie, die polisie se honde-eenheid en lede van die gemeenskap het Dinsdag deur die nag gesoek en die vrou by ʼn bushalte in die dorpie Ga-Teffo opspoor. Daar was egter geen teken van die sussies nie.

Die polisie se soek-en-reddingseenheid sowel as die lugvleuel en ʼn polisiehelikopter is Woensdag ingespan om na die kinders te help soek.

Brig. Motlafela Mojapelo, sê die soektog is intussen uitgebrei na gebiede soos Avon, Pickum, Ga-Machaba, Ga-Rammutla, Bull-Bull, Mashaleng, Lethaleng sowel as die aangrensende bosse.

Alle relevante hulpbronne soos die berede eenheid, die lugvleuel, honde-eenheid en soek-en-reddingspanne van Makhado, Polokwane en Thohoyandou sal ingespan word om te help met die soektog.

Die sussies het bruin en khaki sweetpakke aangehad ten tyde van hul verdwyning.

Enigiemand met inligting kan kapt. Albert Manaka by 082 414 6634, konst. Frans Seema by 079 8401 780 of die misdaadstopnommer by 08 600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Spookasem ·

What happened to competent care? Who let these little girls go out with a mentally challenged person? Eeeeeeesssshhhhhh.

Swerwer ·

Hoe om aarde kan 2 minderjarige kinders in die sorg van ‘n verstandelik gestremde persoon geplaas word. Nèè……………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.