Sussies op pad na Oujaarsaandpartytjie ontvoer, beroof

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die polisie is op die spoor van verdagtes nadat drie sussies Oujaarsaand naby Bosbokrand in Mpumalanga op pad na ’n Oujaarsaandpartytjie ontvoer en beroof is.

Die verdagtes het ook probeer om die sussies te verkrag hoewel hulle nie daarmee voortgegaan het nie.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die drie sussies, waarvan een 21 jaar oud, het teen 20:30 by Cunningmore padlangs gestap toe ’n Toyota Hilux-bakkie met vyf insittendes langs hulle stilgehou het.

Die mans het vuurwapens op die sussies gerig en hulle beveel om in die bakkie – sonder nommerplate – te klim.

Die mans het vandaar na nabygeleë bosse gery waar die meisies aangesê is om hul klere uit te trek en al hul besittings aan die mans te oorhandig.

Die sussies is toe van twee selfone, ’n paar tekkies en ’n bankkaart beroof waarna die verdagtes probeer het om die meisies te verkrag.

Die mans het eindelik gevlug en hul slagoffers in die bosse agtergelaat.

Mohlala sê die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering en gewapende roof.

Enigiemand met inligting rakende die verdagtes word versoek om sers. Galton Mnisi by 0712192641 of die Stop Misdaad-nommer by 08 600 10111 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

‘n Vrou en haar twee kinders wat by Pretoriuskop gekamp het en gister by die Numbi-hek uitgery het, is op geskiet met die doel om haar te highjack. Haar motor, trailer en dogtertjie is getref deur 12 skote, waarvan twee skote haar dogtertjie getref het. Sy word vandag geopereer en die seuntjie is geweldig getraumatiseer. Hulle is tans ingeboek in ‘n gastehuis iewers, want haar kind is daar in die hospitaal. Of daar vir die seun trauma-behandeling gereël is, weet ek nie, maar mense word gewaarsku om nie die Numbi-hek te gebruik nie.

Karen ·

Dit is tragies, ek het die artikels gelees, maar wat presies het dit te doen met hierdie voorval en hierdie artikel?

Grassie ·

Ek woon 42 km van Numbi hek af en wil bevestig wat Christine sê. Deel van die pad loop deur ‘n gebied wat as ‘n agterbuurt beskryf kan word. Daar is ook 32 sg “spoedwalle” in daardie gebied op die pad gebou wat voertuie en veral woonwaens kan beskdig. Ry liewers oor Hazyview na die Pabeni hek. Die pad is mooi en veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.