Sussies sterf saam in brand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Twee sussies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, het Woensdagoggend vergeefs onder ʼn bed probeer wegkruip toe ʼn brand in hul ouerhuis buite Nelspruit uitgebreek het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het daar omstreeks 06:30 ʼn brand by ʼn huis in ʼn plakkerskamp in die Brondal-omgewing uitgebreek.

“Inligting van die toneel dui daarop dat die sussies alleen in die huis was toe die brand uitgebreek het,” het sy gesê.

“Toe paramedici op die toneel opgedaag het, was die brand reeds onder bedwang gebring. Die dogtertjies se liggame is saam onder die bed gevind. Hulle het albei brandwonde opgedoen, maar is nie onherkenbaar verbrand nie.”

Die meisies is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die Nelspruit-polisie ondersoek die voorval.

Netcare 911 het ʼn beroep op ouers gedoen om nie kinders sonder toesig te laat nie en om versigtig te wees met die gebruik van kerse en paraffienstofies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Spook ·

HOE LOS JY SULKE KLEIN KINDERS ALLEEN BY DIE HUIS???!!!!!!!!!

Elsie ·

Ag nee engel lief kinders…my hart breek… vervolg hierdie sogenaamde ouers asb

MissDemeanor ·

Els, jy is seker ook ‘n mamma net soos ek? Dis so hartseer dat die kinders dood is, want hul is inderdaad soos engele in mens se lewe. Ek persoonlik dink om die ouers te vervolg gaan nie keer dat sulke dinge weer gebeur nie, alhoewel hul wel verkeerd was omdat hul hul kinders alleen gelos het. Ons kan help, ons kan almal iets doen om organisasies wat welsynwerk doen ondersteun. Almal van ons wat mammas is, ons moet alle ander kinders sien as ons eie en veg daarvoor dat hul kos het om te eet, n skoon bed om in te slaap, en iemand wat hul veilig hou.

m ·

Hoe bang moes hierdie arme kinders nie gewees het nie. Waar is die ouers, hoekom is hulle alleen in die huis gelos.

ElgeraineR ·

Dis baie,baie hartseer! Weereens moet onskuldige kinders die hoogste prys betaal vir onverantwoordelike ouers.

Nee nee nee nee ·

Nee, ek voel die trane loop net oor hierdie 2 dogtertjies, hoe op aarde los jy 2 sulke klein kindertjies alleen by die huis. Verder moes hul verskriklik bang gewees het, hul het geweet wat aangaan en probeer vlug, wegkruip, dit is soo ontsettend hartseer.

Gesiggie ·

Dit breek my hart in stukke…. 2 en 3 jaar oud, alleen gelos in die huis, hierdie arm klein kinders het nie geweet hoe om op te tree in tye van noot… en die ouers?? geen teken…kon niemand eers sien dat die huis aan brand is”’ dit is soos 6H30 in oggend ure”dit baie onverantwoordelik van die ouers wat ook al oorsaak van brand… n kind van 2 of 3 jaar moet veilig wees… so jammer dat hul so tragies moes sterf..

MissDemeanor ·

My dogtertjie is twee jaar oud. Die meisies se dood maak my geweldig hartseer. Ek kan maar net hoop hul het hul bewusyn verloor. Ek sal my kind nooit nooit nooit alleen in die huis los nie, maar ek het ‘n netwerk van ondersteuning, toegang tot kinder oppas diens, bure wat ek kan vertrou. As ons kinders wil beskerm moet ons hul ouers help om in staat te wees om hul kinders te versorg. Die plakkerskampe is nie ‘n plek waar kinders moet woon nie. Ons moet regtig iets doen, want ons regering gaan nie. Ons moet mense help om hulself te kan help, want onskuldige kinders ly as hul ouers nie ordentlik na hul kan kyk nie.

johann cb ·

So word twee lewens onnodig geneem. As die regering hou by hulle woordwoord om behuising te verskaf, sal sulke insidente minder plaasvind. Ongelukkig, kom die verkiesing en die ANC word wéér ingestem. My innige simpatie aan die gesin. Sterkte.

Mel ·

Daar is ni woorde ni, dis verskriklik hartseer, ek stem saam almal se komentaar, my meisiekind is 15 jaar oud, ek los haar glad ni alleen by di huis ni, ongelukke gebeur deesdae te vinnig, ek hoop di ouers word vervolg!!!!

broos ·

daai ma en pa moet eerstens gesteriliseer word en daarna toegesluit word vir die res van hul lewens!! hoe los jy sulke klein kindertjies alleen????

charlene ·

Hoe los jy sulke 2 klein weerlose kindertjies alleen. Hulle moes vreesbevange gewees het. Ek weet die ma en die pa is nou speit maar ek hoop hulle word vervolg! Daai kinders het nie daai dood verdien nie!

Claude ·

Sekerlik die mees grusame manier vir enige een om te sterf, wat nog te se weerlose kindertjies. Dit maak seer

Danie ·

So maklik om te oordeel is dit nie. Wie ken die omstandighede. Dalk het die ouer gaan waswater haal of ander behoeftes gehad.
Ek stem nie saam dat die kinders gelos is nie, maar kan ook verstaan dat daar miskien redes was – hopelik nie om te fuif nie.
Dit is tragies, maar ons het nie die reg om te oordeel nie.

Cornelia ·

Mense in plakkerskampe moet gewoonlik soggens baie vroeg opstaan en gereedmaak vir werk. Moet per bus en dan weer van Taxi’s na werksplek gaan, Die pa werk dalk in n ander dorp/stad en die ma is gewoonlik die een wat na hulle moet omsien. Sy kon heel waarskynlik buite toilet gebruik wat ook ‘n redelike distansie van die plakkershut kan wees. En dit is WINTER….! Jy sal tog nie jou kindertjies wil saamsleep toilet toe nie?! Baie jammer dat so iets tragies moes gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.