SUT kry sy eerste vrouerektor

Prof. Pamela Dube. (Foto: Verskaf)

Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein het vandeesweek sy eerste vroue visekanselier en -rektor verwelkom.

Die aanstelling van prof. Pamela Dube kom nadat die pos al byna twee jaar lank vakant was.

“Ek sien my koms na SUT as die begin van ʼn nuwe dagbreek, ʼn nuwe reis,” sê sy.

“En terwyl ons hierdie reis gesamentlik as ʼn kollektief begin, wil ek al die betrokkenes bedank vir julle vertroue in my om die universiteitsvisie te dryf en vir die voorreg om die eerste vrouevisekanselier en -rektor van SUT te word.”

Voordat Dube by SUT aangesluit het, was sy ʼn adjunk-visekanselier van studenteontwikkeling en ondersteuning by die Universiteit van die Wes-Kaap.

Sy het haar MA- en PhD-studie in vergelykende literatuur en media aan die Universiteit van Siegen in Duitsland voltooi en daar gewerk nadat sy aan die Universiteit van KwaZulu-Natal gegradueer het.

Dube het al in die verlede as ʼn senior werknemer van die nasionale departement van onderwys gewerk, sowel as ʼn akademikus by die universiteite van Siegen in Duitsland, Kathmandu in Nepal, KwaZulu-Natal en die Witwatersrand in Johannesburg waar sy ʼn studentedekaan was.

Sy het ook as ʼn spesiale adviseur van die visekanselier by die Universiteit van Johannesburg gedien en is ʼn voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), waar sy ʼn kantoor vir internasionale betrekkinge gestig het en die leer- en menslikeontwikkelingseenheid bestuur het.

“Ons het sonder twyfel gevind dat prof. Dube die mees geskikte leier is om die universiteit vorentoe te neem,” sê Matthew Rantso, voorsitter van SUT se raad.

“Met haar aanstelling glo ons as kollektief dat SUT in goeie hande is. Die universiteit is in ʼn beter posisie as wat dit al ooit vantevore was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanEtz ·

Hoër onderwys en andersins, het ñ geweldige laagtepunt bereik in SA….

SA universiteite ens, tel glad nie meer onder die bestes te wêreld nie….ai…

Republikein in die Wes Kaap ·

Openbare universiteite is welsynsinstansies, met onbekostigbare hoë uitgawes.

Papsak ·

N Prof ag asb wat gaan sy probeer kon hulle nie beter kry of hoe hulle beklee altyd die beste en hoe poste maar kan nik uit rig nie patete

Euodia ·

Gee die vrou tog net ‘n kans. Sy is baie goed opgelei en kan net dalk ‘n verskil maak.

JohanR ·

Het ons ook gedink die een by UK gaan ‘n verskil maak. Nou is sy in ‘n skandaal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.