Suur-aanval: Verdagte soek verbod om foto’s te publiseer

Argieffoto

Argieffoto

Jan Pieterse, wat daarvan verdink word dat hy suur oor sy eksmeisie uitgegooi het, het Woensdag met die aanvang van sy verhoor in die Johannesburg-landdroshof versoek dat daar nie foto’s van hom gepubliseer mag word nie.

Pieterse (29), wat tereg staan op aanklag van poging tot moord, het deur sy prokureur ʼn hofbevel versoek om te verhoed dat foto’s van hom gepubliseer word.

Die staat het aangevoer dat die publikasie van sy foto’s nie die uitkoms van die verhoor sou beïnvloed nie, aangesien daar geen uitkenningsparade gedoen moet word nie.

Die hof het sy aansoek verwerp.

Pieterse het na bewering op 3 November verlede jaar buite Ines Antonio (22) se huis in Sydenham, Johannesburg, suur oor haar gegooi. Sy het brandwonde aan haar gesig en bors opgedoen en moes veloorplantings ondergaan. Antonio se dogter, wat saam met haar was, het geringe brandwonde aan haar arms opgedoen.

Pieterse se borgtogaansoek is tydens sy vorige hofverskyning in Desember afgekeur, aangesien hy ʼn vlugrisiko is en omdat hy glo na die aanval steeds teksboodskappe na Antonio gestuur en haar met die dood gedreig het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eliza-beth ·

Nou hy was nou so “dapper” om suur oor ‘n weerlose vrou en kind te gooi, hoe wil hy nou nie dapper genoeg wees om sy gesig bekend te hê nie. LAE LUIS!

Eish! ·

Netso en in SA sal die krimineel se eise weereens eerste gestel word en dalk gaan hy nog kongings behandeling kry! Laat sy gesig op elke lamppaal wys, sodat almal kan sien wie en wat is so ‘n lafhartige mens.

lorayne ·

In ‘n ander koerant Desember 2014
“After the attack, he allegedly continued sending her threatening and abusive SMSes, saying he was going to finish the job.

Antonio received 90-degree burns on her face and upper body and has already started having skin grafts.

Pieterse was arrested after a reader of The Star recognised him and alerted the newspaper to his location.

He was arrested on Thursday in a retirement village in Vereeniging, where his father was allegedly hiding him”

AL wat ek kan sê is: Donerse GEMORS!

Streicher ·

Braaf genoeg om n vrou te vermink met suur en te slapgat om sy gesig te wys? Hoop Maroela plaas spoedig n foto van die knaap, een sonder beskerming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.