Suur-aanval: Verhoor begin Januarie

Argieffoto

Argieffoto

Die saak teen Jan Pieterse (29) van Johannesburg wat glo suur oor sy eksmeisie uitgegooi het, sal in Januarie begin, het The Star Dinsdag berig.

Pieterse bly in aanhouding nadat die Johannesburgse landdroshof sy aansoek om borgtog Maandag afgekeur het.

Die hof het gehoor Pieterse is ʼn vlugrisiko en hy het na die aanval glo steeds teksboodskappe na sy eksmeisie, Ines Antonio, gestuur en gedreig om haar te vermoor.

Die hof is van mening dat sy driejarige dogter saam met Antonio in gevaar sal wees indien hy op borgtog vrygelaat word. “Ons moet die belange van die kind oorweeg,” het speurderkonstabel Edith Thaisa van die polisie, aan die landdros gesê. “Sy is tans in die sorg van die verhuurder.”

Antonio (22) is steeds in die hospitaal na die aanval op 3 November buite haar huis in Sydenham. Sy moes veloorplantings ondergaan weens erge brandwonde aan haar gesig en bors. Die dogtertjie het tydens die aanval geringe brandwonde aan haar arms opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.