Suur in man se keel afgegooi

Foto: ER24

ʼn Man is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy Sondagoggend op ʼn afgeleë grondpad tussen Gerhardsville in Gauteng en Hartbeespoortdam met verskeie steekwonde in sy bolyf gevind is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê lede van die gemeenskap het op die man, vermoedelik in sy laat 30’s, afgekom. Paramedici is omstreeks 09:20 na die toneel ontbied.

“Paramedici het gevind dat die man verskeie steekwonde in sy bolyf gehad het. Dit het ook gelyk asof suur in sy keel afgedwing is,” het Siddall gesê. Dit is nie bekend wie die man aangeval het nie.

Siddall het gesê die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ʼn hospitaal geneem is. Die plaaslike polisie is ook na die toneel ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jan_alleman ·

hierdie perverse vorme van geweld is grootliks agv die feit dat die howe nie swaar genoeg strawwe uitdeel aan misdadigers in misdaad soos die nie , geharde misdadigers en werklike kriminele en geweldenaars kry ligte straf vir geweldige oortredings terwyl gewone burger swaar strawwe kry vir relatief onskadelike oortredings

Leahim ·

Hulle kry swaar strawwe maar die tronke is so oorbevolk dat party net n tiende van hulle vonnis uitdien .Hulle moet meer groter tronke bou en die ou fort in jhb en robbeneiland weer n tronk maak .

jan_alleman ·

my liewe vriend , n swaar straf is die doodstraf , enige ander straf is eintlik nie n straf nie

Chrisjan ·

Vir iemand wat nie eers sy eie bed besit of weet waar sy volgende maaltyd vandaan kom nie is tronkstraf nie straf nie. Daar is miljoene van hulle.

Anoniem ·

Vroeërjare is skuldiges gevonnis tot “handearbeid”. Kan diesulkes in die tronke nie aangewend word om paaie te bou, slaggate op te vul, ens? Dit maak die straf swaarder, want hulle sweet in die son, EN daar word darem iets nuttigs gedoen ook.

G ·

Hul boeties gaan hul kom help om te ontsnap, maar dit sou nogal gaaf gewees het as hul nie net op die belastingbetaler se rug gery het nie. Die misdadigers is vreesloos.

Nici ·

Ek stem 100% saam met jou Anoniem! Maar dit is mos nou al te lekker in die tronk. 3 etes daagliks, ‘n dak oor jou kop en jy kan studeer. Ja, miskien is jou sel bietjie oorvol, maar gids as jy al die verniet kry, hoekom kla…

Wonder ·

Skies ek so vra. Weet hul dalk wat se ras dit is? Ons vermis ‘n jong blanke man.

G ·

Natuurlik weet hulle. Hulle moet dit verpligtend maak om ras en geslag ten alle tye bekend te maak. Ongelukkig tel mos net sekere lewens in hierdie land van ons. Ek hoop jul vind die persoon waarna jul soek, ongedeerd. Geen persoon behoort so wreedaardig te sterf nie. Dit gaan my verstand te bowe hoe so ‘n misdadiger met hom/haarself kan saamleef.

Willem ·

Mens behoort nie onverskoning te vra om inligting te wil hê nie. Ek wens swart en wit rassiste wil trek na ‘n eiland in die middel van die stille oseaan, sodat ons ontslae kan raak van “political correctness” en aanbeweeg in die land – want dis hoekom ras orals nou uitgelos word, net nou kry iemand se gevoelens seer.

Ek hoop julle kry die man wat julle vermis.

Theresa ·

Daar moet meer oor die slagoffer gesê word. Dalk kan iemand die man te hulp snel as hul net weet wie dit moontlik kan wees!

dirk L ·

bevolkings-ontploffing. bemagtig en beskerm jouself dit gaan baie erger word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.