Suuraanval: Man dalk vir waarneming gestuur

Jan Pieterse op 11 Februarie 2015 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse op 11 Februarie 2015 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse (29), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie wou vermoor deur suur oor haar uit te gooi, gaan moontlik vir sielkundige waarneming gestuur word, het The Star Vrydag berig.

Edith Thaisa, ondersoekbeampte in die saak, het Donderdag aan die Johannesburgse landdroshof gesê sy sal Jan Pieterse onmiddellik na ʼn distriksgeneesheer neem soos deur die landdros gelas is.

Die distriksgeneesheer sal besluit of Pieterse vir 30 dae na die Sterkfontein- psigiatriese hospitaal gestuur moet word.

Pieterse het glo op 3 November suur oor sy eksmeisie, Ines Antonio (22), gegooi. Sy was buite haar huis in Sydenham. Sy het brandwonde aan haar gesig en bors opgedoen. Hul dogter, wat by Antonio was, het geringe brandwonde aan haar arms opgedoen.

Lees alle vorige berigte oor Jan Pieterse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tammy ·

Hoekom so baie geld mors op die man?? As hy die suur oor sy eks meisie gegooi het straf hom net vir sy daad. Ek wil nie he my belasting geld moet deur misdadigers gemors word nie. Nee die dam word onder die eend uit geruk. As jy sulke dade kan pleeg, vat jou straf soos n man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.