Suuraanval: Saak uitgestel

Jan Pieterse op 11 Februarie 2015 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse op 11 Februarie 2015 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse (29), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie wou vermoor deur suur oor haar uit te gooi, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die saak word tot 11 Maart uitgestel sodat ʼn distriksgeneesheer ʼn verslag oor Pieterse se geestelike toestand kan saamstel, het landdros A Roux aan die hof gesê.

AJ Greyling, Pieterse se regshulpprokureur, sal ʼn aansoek doen om te bepaal of Pieterse se toerekenbaarheid om verhoor te word, bepaal kan word.

Die distriksgeneesheer se verslag sal die ondersoek op 11 Maart ondersteun om te bepaal of Pieterse vir 30 dae lank na die Sterkfontein-hospitaal verwys moet word.

Pieterse het ʼn regshulpprokureur versoek, aangesien hy nie meer ʼn privaat prokureur kon bekostig nie. Sy pa was die enigste familielid in die hof.

Pieterse het glo op 3 November 2014 suur oor sy eksmeisie, Ines Antonio (22) gegooi. Sy was buite haar huis in Sydenham. Sy het brandwonde aan haar gesig en bors opgedoen. Hul dogter, wat by Antonio was, het geringe brandwonde aan haar arms opgedoen..

Lees alle vorige berigte oor Jan Pieterse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Soveel maande verloop om in die Hof te verskyn net sodat dit weereens uitgestel moet word. En en en en en en en……………………

Elfie ·

Theresa, ek stem. Verder lyk hy vir my heeltemal toerekeningsvatbaar, lyk eintlik asof hy half glimlag! Lae BOEF!

pop ·

Hy lyk vir my ook heel ingenome met homself. Dalk kom hy suur kort!!!!Op meer plekke as sy gesig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.