Juffrou meters ver gesleep ná botsing

Suzanne Leyden

Suzanne Leyden

Suzanne Leyden, ʼn 36-jarige ma van Randburg, is in ʼn kritieke toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat sy Donderdagoggend deur ʼn motor gesleep is.

Leyden, ʼn onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was Donderdagoggend op pad skool toe.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 07:00 by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising opgedaag waar ʼn vrou in die middel van die pad gelê het. Meiring het gesê die vrou het ernstige beserings aan haar kop en bors opgedoen.

Leyden was glo in ʼn ligte botsing met ʼn ander motoris betrokke. Sy het glo uit haar motor geklim om besonderhede met die bestuurder uit te ruil toe laasgenoemde glo probeer wegjaag en Leyden etlike meters ver gesleep het.

Volgens Meiring was die bestuurder van die ander motor nie meer op die toneel met paramedici se aankoms nie.

Leyden het ʼn vyfjarige seuntjie.

Klik hier vir meer stories oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jaques ·

Gemors in die hoogste grad!!!
NAtuurlik of dronk of sonder lisensie gery!!

annatjie ·

Ai dis sleg as sulke dinge gebeur. Padgebruikers se maniere laat deesdae veel te wense. Sterkte vir hierdie jong ma, mag sy vining herstel.

anet ·

So hartseer wat met Suzanne gebeur het. Ek hoop dat daar mense is wat gesien het toe dit gebeur het, en dat hulle die registrasie nommer neergeskryf het.

Ek wens haar ‘n spoedige herstel toe, en sterkte aan haar familie

SNEL ·

Hart is seer vir die familie van Suzanne en haar kindertjies. Dis vreeslik dat iemand haar omry en dit na slegs n ligte botsing. Toe skrik hy seker omdat hy haar getref het en nou is hy skoon veld. Hoop regtig iemand het iets gesien.

Ulandi ·

Sjo,dis vreeslik, Juf. Leyden het vir my Afrikaans gegee in St 7 by Hoërskool Vereeniging! Sterkte Juffrou, dink aan jou en word gou gesond!

Ai tog ·

Hoe onnosel kan mens tog wees dit was nou so onnodig ‘n ligte botsing en nou is dit nou ‘n onnodige rekening, besering wat vreedsaam kon opgelos gewees het. As die beesblaas ooit gewete het sal hy hom self oorgee aan die polisie want dit was rerig onnodig dat die vrou so moes seer kry. Sterkte jufffrou Suzanne ek dra jou op in my gebede!!!

Rieks ·

Dit is vir my bitter erg dat mens nie eens meer seker is of jy op ‘n ongeluks toneel moet stop of nie. Eerstens weet jy deesdae nie meer of dit ‘n tipe van kapings taktiek is of nie! Dan doen jy die regte ding en klim uit om die besonderhede ens uit te sorteer en dan weet jy nie wat verder met jou gaan gebeur nie!
Ek hoop daar is ooggetuies en ek bid vir volkome herstel vir die mooi mamma en skool onderwyser.

(SUG) Weet nie meer of ek nog nuus moet lees nie – soveel geweld teen die medemens… Dit is verskriklik!

JOHANNES ·

Dit is baie erg daar is is nie woorde om die ou te beskryf nie

JOHANNES ·

Dit is baie erg daar is is nie woorde om die ou te beskryf nie

Theresa ·

Dis in die oggend en baie besig. Hoop iemand het die verstand om na vore te kom. Die uitvaagsel moet boet vir wat hy/sy gedoen het. Dis onaanvaarbaar.

Ken ·

Ek hoop van harte iemand het die idioot se registrasienommer gevat!!! Baie sterkte aan Suzanne en haar familie. Ek ken haar nie, maar geen mens moet so iets oorkom nie….

Sollie ·

Baie erg! Net soos die geval oor die naweek wat ‘n barmhartige Samaritaan van sy voete af gery is (behoorlik) terwyl hy iemand langs die pad gehelp het en die arme man is voor sy gesin dood. Weereens het die vark in die wit paneelwa nie gestop of eers stadiger gery nie. Daar was wel videorekord van hele storie (Dashcam) en as die SAP net wil wakker work kon hul beslis by nabygeleë oorhoofse kameras besonderhede kry maar ja… dis SA!

Tersia Nelson ·

Suzaan kom terug na ons toe! Armandq wag vir jou! Byt vas en herstel gu! En mag j wat verantwoordelik onthou die Here sien als! En j sal gestraf word vir ju dade!!!

jd ·

Suzanne Leyden, a 36-year-old mother of Johannesburg, is in a critical condition at Milpark Hospital in Johannesburg after his Thursday morning by a vehicle towed.

Leyden, a teacher at Sandown High School in Sandton, was Thursday morning on the way to school.

According to Russel Meiring, spokesperson for ER24, paramedics at 07:00 at the William Nicol Drive and Sandtonweg crossing arrived where a woman in the middle of the road. Meiring said the woman suffered severe injuries to her head and chest.

Leyden was apparently in a slight collision with another motorist involved. She believes in her car for details of the driver to return when the latter allegedly tried to drive away and Leyden several meters away dragged.

Meiring was the driver of the other car stopped on the scene with paramedics arrival.

Leyden has a five year old boy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.