Swaar donderstorms vir Gauteng voorspel

(Argieffoto: pixabay)

Die Stad Tshwane se nooddienste is op ʼn hoë vlak van gereedheid geplaas sedert die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) ’n waarskuwing vir moontlike swaar donderstorms die komende week in Gauteng uitgereik het.

Verspreide buie en donderbuie word van vandag (Maandag) tot minstens Sondag in groot dele van die provinsie verwag. Die SAWD het ook gewaarsku dat hael, oorstromings en sterk wind moontlik teen Woensdag mag voorkom.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die departement nooddienste van die Stad Tshwane, sê dele van die stad het onlangs onder swaar reën gebuk gegaan. Kommer bestaan nou dat bome vandeesweek maklik ontwortel mag word aangesien die grond op die meeste plekke nog nat is. Dít kan skade aan infrastruktuur en eiendomme tot gevolg hê asook gevaar vir mense inhou, waarsku Mabaso.

Die Stad doen ’n beroep op motoriste om laagwaterbrûe vandeesweek te vermy.

Dié waarskuwing kom terwyl die metro se ramprisikobestuurspanne saam met die relevante stadsafdelings werk om die implementering van die metro se vloedvoorvalbestuursplan te koördineer. “ʼn Skoonmaakplan voor die reënseisoen vir die Centurion-meer, die Hennopsrivier asook ’n operasionele stormwater-en-brug-instandhoudingsplan in verskillende dele van Tshwane is aan die gang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die Goodwoodianer

O, wee! Daai kant van die wêreld is mos vrot-gemyn…. Uitgeholde aarde + watermassa = moontlik verdere uitkalwings en verswakking

Blomme

Is 2020 nog nie klaar met SA?

Stof

Strome van seën van bowe.
Ons het ‘n wyle gelede vir Vader gesmeek vir reën en Hy het in Sy getrouheid, voorsien.
Ek tree dus nou in dat Hy tydens die manifestasie van hierdie gebedsverhoring, Sy bewaring oor ons sal hou teen enige skade of ongerief wat dit mog veroorsaak.
Wie kniel saam?

Sarel

Mask die Stormwaterslote oop indien die Munisipaliteite weet waar dit is.

Mallie

Ek wil graag net weet hoekom kan Tshwane nie wanneer dit so reen n waarskuwings teken by die R23 – Nellmapius afrit op rig om motoriste te waarsku dat die trein brug naby Irene stasie onder water is nie. Ons kom van Jan Smuts lughawe se kant af en weet nie hoe dit daar lyk nie. Asseblief dit is n vreeslike draai net om veilig te wees. Daar is “Bill Boards” op die snelweg. Dankie