Swaar gestraf ná hy seuns beroof, verkrag

court-hammer_thumbʼn 23-jarige man wat daaraan skuldig bevind is dat hy twee seuns, 11 en 12 jaar oud, beroof en verkrag het, is in die hooggeregshof in Bethlehem in die Vrystaat gevonnis.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Mpho Petrus Mofokeng is tot 100 jaar tronkstraf gevonnis.

  • Mofokeng het die twee seuns in 2012 beroof en verkrag.

    “Die beskuldigde het die twee seuns voorgekeer terwyl hulle op pad was winkel toe. Hy het hulle beroof en na ʼn bouval geneem waar hy die seuns elkeen twee keer verkrag het,” het Mophiring gesê.

    “Hy is ʼn dag ná die voorval by die polisie aangemeld is, in hegtenis geneem.”

    Mofokeng is ook later daarvan beskuldig dat hy twee medegevangenes verkrag het. Albei gevangenes het aanklagte aanhangig gemaak maar kon nie opgespoor word nadat hulle na Lesotho uitgelewer is nie.

  • ondersteun maroela media só

    Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

    Maak 'n bydrae

    Nou pra' jý

    2 Kommentare

    SNEL ·

    Sonder die doodstraf sal daar nooit n einde aan al díe misdaad kom nie. Moord en verkragting het glad nie n vreeslike straf in die land nie. Niks maak hul bang, kry gratis kos en verblyf in die tronk.

    Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

    Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.