Swaar reën en vloede in Kaapstad verwag

kaapstad-lugfoto

‘n Lugfoto van Kaapstad. Foto: Sharonang/Pixabay.com

Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum het ʼn waarskuwing uitgestuur oor swaar reën oor die stad en Overberg-distrik wat moontlik tot oorstromings kan lei.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die rampbestuursentrum in kennis gestel van swaar reën wat Donderdag verwag word.

“Stedelike gebiede kan moontlik skade weens kitsvloede beleef en die swaar reën word van laatoggend tot in die middag verwag,” het Charlotte Powell, woordvoerder van die rampbestuursentrum, gesê.

Volgens Powell kan veral informele nedersettings, paaie en laagliggende dele en brûe onder oorstromings deurloop.

Die Stad Kaapstad sal op bystand wees vir enige gure weerstoestande en die publiek kan 107 van ʼn landlyn af bel of 021 480 7700 van ʼn selfoon om enige voorvalle aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pop ·

Wel ek se dankie vader vir die reen. Goddank ek trek die einde van die maand terug Kaap toe. 5 Jr in ander provinsies het ek een ding gleer. Die DA weet hoe dinge moet werk. In geen ander provinsie is hulle noddwerkers so paraat soos daar nie. Reen en vloede sal hulle nie afskrik nie.

Hannelie ·

Welkom terug in die Kaap Pop. Jy is 100% wat rampbestuur betref. In die Wes-Kaap is alles in plek. En elke bietjie reën is welkom…ons damme kort báíe water.

Strooipop ·

Voorspoed, jy is dalk in vir ‘n onaangename verassing te oordeel aan al die FB groepe wat daar gestig is om te wys hoe Stad Kaapstad dramaties agteruit boer. (Verwys NIE na die noodwerkers, maar na die dag-tot-dag bestuur)

jcwf ·

Ek hoop dat dit die einde van die droogteprobleem gaan wees en dat daar geen oorstromings sal wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.