Swaar reën in dele van die land, maar Noord-Kaap steeds droog

Argieffoto (Foto: freeimages.com)

Reënval word Donderdag en Vrydag vir verál die noordoostelike dele van die land verwag met wydverspreide reën- en donderbuie in verskeie provinsies. Hoewel reën vir die droogtegeteisterde Noord-Kaap voorspel word, het dié provinsie nog nie genoeg reën gekry om die droogte te breek nie.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) is daar Vrydag ʼn  80%-kans vir reën in dele van Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van die Oos-Kaap.

Edward Engelbrecht, voorspeller by die SAWD, sê daar word ook enkele reënbuie in die oostelike dele van die Noord-Kaap, Noordwes en dele van die Vrystaat verwag. “Noordoostelike gebiede in die Noord-Kaap rondom Kimberley, Kuruman en De Aar kan Donderdag nog reën verwag,” sê Engelbrecht.

Volgens die Weerdiens het reën reeds Dinsdagaand en Woensdag oor dele van die Noord-Kaap en Oos-Kaap begin uitsak.

Janine Byleveld, bedryfsbeampte van Agri Noord-Kaap, sê suidelike gedeeltes van die Noord-Kaap het tussen 8 mm en 15 mm reën die afgelope week ontvang. “Dit is meer as wat van die boere in geheel verlede jaar gekry het,” sê Byleveld.

Byleveld vertel van die boere in die De Aar-omgewing het tot 60 mm reën aangeteken. Die noordelike gedeeltes van die Noord-Kaap rondom Kuruman en Upington het ook ’n bietjie reën gekry.

“Die Noord-Kaap het ’n langtermyn-herhaling van reënval nodig om die veld aan die gang te kry. Hierdie eenmalige reënval is nie genoeg om die droogte te breek nie,” meen Byleveld.

Byleveld sê hulle voorspel dat wolke teen die naweek weer sal oppak. “Elke bietjie reën bring vir ons boere hoop.”

Jason Sternberg, ’n boer in die Oos-Kaap, het Donderdag vertel hulle het vanaf Dinsdagaand 44 mm reën gekry op hul plaas tussen Stutterheim en Komga by die Groot-Keirivier.

Nóg ’n boer van die Oos-Kaap, Neil Dawson, sê hy is baie dankbaar en geseënd oor die reën wat reeds geval het. “Plekke in die sentrale gebiede van die Oos-Kaap het tot 75 mm reën gehad,” vertel Dawson.

‘n Boer van Aberdeen in die Oos-Kaap het Dinsdag heerlik in die reën gedans:

Dit het vandag oplaas gereën in die droë dorre Aberdeen in die Groot Karoo. Sover tussen 22 en 26mm en nog word voorspel. Dié video is op Gertjie en Pietie van Rensburg se plaas geneem. Hulle plaas was van die droogstes in die streek. Sowat van vreugde oor die nuwejaarsreën !

Posted by SSK on Tuesday, January 7, 2020

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mistique ·

Today the ANC is celebrating in Kimberley.
What they did yesterday is hilarious. They even did their preparations of dancing the rain away. How selfish. And we need as much as possible rain for South Africa

Loraine ·

Wonderlik!!! Dankie HERE. U die boere seën met lieflike reën wat hulle soo nodig het. Wil U hulle asseblief nog seën met baie reën. ai man ek sing en juig saam met julle. ons het n wonderlike GOD!!

Steenkamp ·

Jy is reg! Wonder wanneer gaan dit reen? As weer voorspel kan word is dit mos ‘n natuurverskynsel of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.