Swaar reën in Limpopo weens tropiese storm

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n oranje vlak 6-waarskuwing uitgereik vir hewige reën en moontlike vloede in Limpopo.

Die swaar reën word deur die tropiese storm Ana se buitenste band veroorsaak. Die storm is intussen tot ’n tropiese laagdrukstelsel afgradeer.

Kgolofelo Mahlangu, ’n weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), sê hewige reën word vir Donderdag in die Mopani- en Vhembe-distrik in Limpopo voorspel.

“In sekere gebiede kan tot tussen 100 en 150 mm reën val. Dit kan tot moontlike oorstromings lei,” het Mahlangu gesê.

Volgens die weerdiens het Ana verlede Donderdag in die verre oostelike dele van die Indiese Oseaan ontwikkel en twee dae later oor Madagaskar beweeg. Die storm het teen Maandag na die Mosambiekkanaal beweeg. Volgens die weerdiens het die storm chaos in Mosambiek sowel as Malawi veroorsaak.

Die storm woed tans oor die sentrale en noordelike dele van Zimbabwe en die suidelike dele van Zambië.

Mahlangu sê enkele reën- en donderbuie kan ook Donderdag in dele van Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en KwaZulu-Natal verwag word.

“Die reën sal tot Saterdag in die noordoostelike dele van die land woed en teen Sondag meer na die sentrale gedeeltes versprei.”

Teen Sondag kan reën ook in die Vrystaat, die westelike dele van die Wes-Kaap, die noordelike dele van die Oos-Kaap en die sentrale en noordoostelike dele van die Noord-Kaap val.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre ·

al die storms het altyd vroue name, ek het nog nooit van storm Frik gehoor nie, die rede is sekerlik want jy kan nie die woede van n vrou vryspring nie

FM ·

Pierre, alle storms het vroue name.
Storms is net so onvoorspelbaar as die vroue humeur

hi hi hi ha ha haaaaaaaaaaa

LIEZL ·

Julle is super snaaks! Moenie sukkel met vroumense nie, lyk my julle weet klaar…haha

asjassie1 ·

Ag nee Maroela, watter dorpe sluit die Mopani- en Vhembe- distrikte in????

Martie ·

Dit sluit in ‘n paar dorpe.
Mopani distrik – Tzaneen, Giyani, Modjadjiskloof, Phalaborwa, Hoedspruit areas.
Vhembe – Musina, Louis Trichardt, Thohoyandou areas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.