Swaar reën op Geloftedag verwag

Argieffoto

Suid-Afrikaners in die oostelike dele van die land sal vir die soveelste week die reënweer moet trotseer en feesgangers wat beplan om Donderdag na die Voortrekkermonument op te trek, moet liefs hul sambrele saamneem.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) word ’n kans van tussen 30% en 60% vir reën van Maandag af vir groot dele van Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal, die oostelike dele van die Vrystaat en die Oos-Kaap voorspel.

Tokelo Chiloane, weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), sê daar is ’n 80%-kans dat dit Donderdag op Geloftedag in Gauteng sal reën. “Donderbuie en swaar reën word dan in die provinsie verwag.

“Suid-Afrikaners kan hulle op Versoeningsdag, oftewel Geloftedag, teen donderbuie en swaar reën staal,” bevestig Chiloane.

Die Noord- en Wes-Kaap sal waarskynlik vandeesweek geen reën kry nie.

“’n Paar druppels kan vandag (Maandag) en Dinsdag in die Wes-Kaap val. Die wolke sal daarna vir die res van die week ooptrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anel ·

Klink of hulle is bang dat ons Geloftedag moet vier? Weer skrik ons nie af nie, of die reën, sneeu of sonskyn is, Geloftedag sal ons vier, want ons moet!!!

Misky ·

Absoluut Anel en ons beskou reën as ekstra seëning. Dankie Liewe Vader vir elke druppel, ons het dit so nodig.

Anonymouse ·

Wie is ‘hulle’? Is dit die ‘hulle’ wat die reen stuur?

isabelle ·

ek MOET kerk toe om my deel te doen met gelofte dag Ongelukkig verwag my maatskappy van ons werkers om in tekom …..sit ek dus verlof in op n publieke afdag?

Hildegard ·

Jou werkgewer moet jou dubbel betaal as hulle wil he jy moet op ‘n openbare vakansiedag werk. So nie, mag hulle jou nie verplig om te gaan werk nie.

VaalDonkie ·

My werkgewer is in Kenya so ek kry dit ook nie eintlik af nie. Alhoewel hulle dit respekteer. Maar as daar ‘n krisis is, dan moet ek ingryp. Ek gee nie rerig om nie. Maar dis maar hoe dit partykeer gaan.

Elinette ·

Ek hoop, as jou werkgewer van julle verwag om te werk op ‘n openbare vakansiedag, dat julle “double pay” kry! Sover ek weet mag geen werkgewer daarop aandring dat werknemers op verklaarde openbare vakansiedae, sonder die nodige ekstra betaling, werk nie, tensy hulle in die klas van noodsaaklike werknemers val (bv. polisie, verpleging, nooddienste). Help gerus as ek verkeerd het. Dit is tyd dat ons – werknemers – werkgewers begin aanvat vir onregverdige arbeidspraktyke, maar die ongeluk is dat die meeste van ons maar so dankbaar is dat ons werk het, dat ons maar “sharrap” en aangaan – en werkgewers weet dit alte goed!

Pierre ·

Jou werkgewer kan van jou verwag om te werk, jy is nie gewaarborg van dubbel salaris nie daar is n maximum loon bo die maximum loon is uitgesluit van vergoeding, vergoeding kan ook tyd af insluit, jou kotraktuele voorwaardes speel ook n rol en jou “rooster” werk skedule speel n rol en so ook die sektor wat jy in werk.

Anel ·

Daar is altyd ‘n probleem met Christene se vakansie dae, veral in hierdie land. Kyk bietjie die Moslems. Hulle maak toe en geen haan kraai daarna nie. Dis soos Hemelvaart. Dis ‘n skande. En tog sê die grondwet jy mag teen teen iemand se geloof diskrimineer nie.

Eric ·

Ons kan dankbaar wees vir die reën. Daar baie plekke wat reën nog soek vir plant van gewasse.

Di ·

So dankbaar vir die reen. Bid dat die droogte geteisterde gebiede ook reen sal kry waar die boere dit so nodig het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.