Suid-Afrikaners in die oostelike dele van die land sal vir die soveelste week die reënweer moet trotseer en feesgangers wat beplan om Donderdag na die Voortrekkermonument op te trek, moet liefs hul sambrele saamneem.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) word ’n kans van tussen 30% en 60% vir reën van Maandag af vir groot dele van Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal, die oostelike dele van die Vrystaat en die Oos-Kaap voorspel.
Tokelo Chiloane, weervoorspeller verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), sê daar is ’n 80%-kans dat dit Donderdag op Geloftedag in Gauteng sal reën. “Donderbuie en swaar reën word dan in die provinsie verwag.
“Suid-Afrikaners kan hulle op Versoeningsdag, oftewel Geloftedag, teen donderbuie en swaar reën staal,” bevestig Chiloane.
Die Noord- en Wes-Kaap sal waarskynlik vandeesweek geen reën kry nie.
“’n Paar druppels kan vandag (Maandag) en Dinsdag in die Wes-Kaap val. Die wolke sal daarna vir die res van die week ooptrek.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Dankie, dankie Jesus.
Klink of hulle is bang dat ons Geloftedag moet vier? Weer skrik ons nie af nie, of die reën, sneeu of sonskyn is, Geloftedag sal ons vier, want ons moet!!!
ek MOET kerk toe om my deel te doen met gelofte dag Ongelukkig verwag my maatskappy van ons werkers om in tekom …..sit ek dus verlof in op n publieke afdag?
Ons kan dankbaar wees vir die reën. Daar baie plekke wat reën nog soek vir plant van gewasse.
So dankbaar vir die reen. Bid dat die droogte geteisterde gebiede ook reen sal kry waar die boere dit so nodig het!