Swaar reën saai verwoesting in Rustenburg

Vloede in Rustenburg op 11 Maart 2016 Foto: @TrapSpotter, Twitter

Vloede in Rustenburg op 11 Maart 2016 Foto: @TrapSpotter, Twitter

Verskeie huise is Vrydag dakloos gelaat en is oorstroom ná swaar reën in Rustenburg, Noordwes.

ʼn Boom het in Paardekraal op ʼn huis geval en verskeie huise in Rankelenyane en Mosenthal is oorstroom en van die dakke het afgewaai.

Rustenburg se plaaslike munisipaliteit het gesê hy het reddingspanne na die betrokke gebiede ontplooi.

“Daar is vloede in sommige dele ná die swaar reën,” het Thapelo Matebesi, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê. “Dorpspruit en Million Dollar is veral hierdeur geraak. Die munisipaliteit is op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas om verdere hulp te bied indien die vloede voortduur.”

Volgens Matebesi kan persone noodgevalle aanmeld by 014 590 3090/3088.

Hy het gesê rampbestuurspanne stel ondersoek in ná die skade Vrydagaand en hulle sal eers Saterdag kan bevestig hoeveel huise hierdeur geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gesiggie ·

Ons het al die reen so baie nodig, veral die boere”Ons is so Dankbaar, maar om skade te veroorsaak… tog so jammer aan al die mense in Rustenburg… Hoop dat als gou weer beter sal gaan.

Pierre ·

Asb mense, die foto is van die dorp se spruit, dit lyk so 3 tot 4 keer n jaar as daar swaar reen is, die mense hier is 100%. Sensasie is al wat die pers soek, wees dankbaar aan ons Vader vir al die reen, hou op kla en berge maak van mols hope.

Bertie ·

Stem saam Pierre, alle dank aan ons Hemelse Vader vir die reen, en net sommige huise se dakke het afgewaai, dis nie die natuur se skuld nie, bou beter huise, en die media moet asseblief nie na ‘n plakkershut verwys as ‘n huis nie.

Kobus ·

As ek dakloos gelaat was, sou dit vir my ‘n ramp gewees het. Hier is niks gepubliseer ter wille van sensasie nie.

katryn ·

Asb Maroela media dit kan binne n week reg wees fie droogte van die afgelope maande gaan jaar vat jare om te herstel. Moet asb dit laat kl8nk asof Rustenburg se mense ondankbaar is vir die reen!

ekke ·

Hierdie klomp botter tonge – wat maroela wil aanvat. Gaan na ‘n andr nuus blad waarvoor ons R99 per maand moet BETAAL dan sien jy daar is NIKS eers hieroor op daai site nie. As Maroela nie berig het nie, sou ek nie eers geweet het van die goeie reen daar nie. Kort en lank hierdie mense is op die bol!!! En ek dank hulle. Jy kry nie eers water uit jou tap verniet nie, hier kom braak ons gal maar ons betaal nie een sent om on die reg toe te ein nie. Die klomp afrikaners waarmee ons moet saam leef!

Chris W ·

Daai spesifieke “bruggie” in die foto is so laag ‘n slang kan nie onder hom deur seil nie!!Sou die munisipaliteit op hou geld steel kan hulle ‘n mooi bruggie van so 1,5 meter hoog daar bou en daar sal bitter min indien enige oorstroming van die pad wees.Maar nou ja . . . . .Ek is bly vir jul part vir die goeie reen Rustenburgers!

Chris W ·

Daai spesifieke “bruggie” is so laag ‘n slang kan nie eers onder hom deur seil nie!Jammer die munisipaliteit se prioriteite le nou in ander gebiede anders kon hulle ‘n mooi brug van so 1 tot 1,5 meter hoog oor die spruit gebou het dan was daar geen oorstromings meer nie.Maar nou ja . . . . Ek is baie bly vir die mooi reen wat Rustenburg gehad het,

Elize Henning ·

Jip die bruggie is baie laag en dit lyk altyd so na reen…..my familie was baie onrustig na die berigte in die media…….en my plastiek mandjie het darem n entjie ver gewaai, hier waar ek bly, in Proteapark….naby die spruitjie…baie baie dankbaar vir die reen, wat Rustenburg, bitter baie nodig het…jammer vir die huisies wat se dakke afgewaai het…..en die boom wat omgewaai het…..maar amal en alles rustig….glo ek !!!

Chante ·

Ons hier in Rustenburg het elke druppel geniet!!! My skoonouers bly ‘n paar huise van die ‘bruggie’ af wat oorstroom het en het geen skade gekry van die reen of wind nie, die reen was wonderlik en ons is net dankbaar!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.