Swaar reënbuie vir Kaap voorspel

Argieffoto (Foto: Freestocks/ Unsplash)

Swaar reën word Sondagaand vir die Wes-Kaap en Namaqua-Weskusstreek voorspel, met ’n geel vlak 3-waarskuwing teen swaar reën wat tans geld.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê swaarder reënbuie sal waarskynlik later vanaand oor die suidwestelike dele van die Wes-Kaap uitsak nadat dit heeldag liggies gereën het.

Teen Saterdagoggend het 20 mm tot 40 mm reeds in dié dele van die land uitgesak.

Die weerdiens het vanoggend gesê daar is ’n sterk moontlikheid dat ʼn verdere 30 mm tot 50 mm tussen vanoggend en Maandag sal val.

“Die reën kan lei tot ontwrigting en skade vanweë die hoë watertafel en grondversadiging,” lui die waarskuwing.

 

Die weerdiens sê voorts reënbuie is Maandag tot die suidelike dele van die land beperk. Geïsoleerde buie en donderbuie word wel oor die noordelike dele van die Noord-Kaap sowel as die westelike dele van Noordwes verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter ·

Ons moet dankbaar wees vir elke druppel water wat die aarde …ophou om te kla oor die reën….ons nader die winter seisoen…daar is plekke wat snag na reën en hier stuur ons waarskuwings uit van baie reën…dank die Liewe Here dat die Weskaap sy reën seisoen op sy tyd kry….Ek is dankbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.