Swaar reënval rig skade aan by begraafplaas

Argieffoto

Swaar reënval oor Gauteng sedert Donderdag het skade aan grafte by die Olifantsvlei-begraafplaas in Johannesburg aangerig en veroorsaak dat grafstene omval.

Die stadsraad van Johannesburg het gesê die parkeraad en ʼn risikobepalingspan was reeds by die begraafplaas om die omvang van die skade vas te stel.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat begrafnisse wat die afgelope drie weke in ʼn nuwe gedeelte van die begraafplaas plaasgevind het, die ergste geraak is,” het die stad in ʼn verklaring gesê.

Die stad het ʼn beroep op familielede van geliefdes wat die afgelope drie weke daar begrawe is, gedoen om met die begraafplaas se bestuurder in verbinding te tree.

“Om die waardigheid van diegene wat begrawe is te behou, sal die stad grond skenk om die grafte te hervul wat beskadig is weens die erosie wat die water veroorsaak het. Grafte sal gevul word sodra die weersomstandighede opgeklaar het.”

Bel Reggie Moloi, begraafplaasbestuurder, bedags by 011 028 0092 of nauurs by 082 803 0655 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Eens op ‘n tyd moes ‘n graf eers vir ‘n jaar staan voordat ‘n grafsteen geplaas kon word – nou weet ons hoekom.

Hier is ‘n plan vir iemand wat sonder werk sit: Baie persone het al emigreer en baie meer persone sal in die nabye toekoms emigreer. Daar bestaan dus ‘n behoefte aan iemand wat plaaslik met gereelde tussenposes na die grafte van gesinslede in SA sal omsien, die gevolge van vandalisme sal herstel en darem die onkruid op die graf sal uittrek. Persone in die buiteland sal verseker die diens gebruik teen ‘n billike jaarlikse tarief waar digitale fotos per epos gestuur kan word as bewys van werk wat gedoen is.

LB S ·

Dan is dit nie WIE nie, maar WAT, water of vuilgoed wat groei.

Daan ·

Die meeste begraafplase is verwaarloos en het n nes geword vir die meerderheid om die minderheid aan te val en te beroof waneer hulle grafte besoek daar is mos respek vir niks meer nie.

Alida ·

In die ou dae was daar n opsigter en n span werkers om voortdurend instandhoudings werk te doen. Die opsigter se huis in Brits is vervalle en verwaarloos.

Boontjie ·

Begrafplase lyk maar deesdae of een of ander ramp getref het, hoe weet hulle wat is die verskil? En as hulle moet gaan regmaak, gaan dit ook soos die strate, vuiler wees wanneer die spanne opgetel word aan die einde van die dag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.