Swaar sak vergruis byna konstruksiewerker

Paramedici het die werker op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na ’n hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling (Foto: Netcare 911)

ʼn Konstruksiewerker wat by ʼn sakeperseel in Midrand, Gauteng, gewerk het, is byna vergruis nadat ’n 150 kg-sak bo-op hom geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is Woensdagmiddag na die perseel in Ou Pretoria-weg in Halfway House, Midrand, ontbied.

“’n Sak van ongeveer 150 kg het vanaf ’n konstruksievoertuig op die werker geval. Hy is in die proses ernstig beseer,” bevestig Herbst.

Paramedici het die werker op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na ’n hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.