Swaar straf vir polisiemoordenaars verwelkom

Die Gautengse polisiehoof, lt.genl. Elia Mawela, het die lewenslange vonnisse vir drie polisiemoordenaars verwelkom en die ondersoekspan bedank wat verseker het hulle word in hegtenis geneem, skuldig bevind en gevonnis.

Mawela het gesê die skuldigbevindings en swaar vonnis gaan ʼn duidelike boodskap stuur aan diegene wat die polisie wil aanval.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Nkululeko Ndebele (39), Siyabogna Mkhiza (42) en Thokozani Mtshali (43) skuldig bevind aan die moord op konst. Malesela Frans Ledwaba. Ledwaba is in Maart 2015 tydens ʼn rooftog by Johannesburg se Parkstasie doodgeskiet.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê die drie is ʼn bykomende 146 jaar elk opgelê vir gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Nog twee beskuldigdes, Mike Dube en Sfiso Dlomo, het verlede jaar uit aanhouding ontsnap. Dlomo is later aan natuurlike oorsake dood. Dube is nog soek. Die polisie doen ʼn beroep op mense wat weet waar hy hom bevind om die naaste polisiekantoor te verwittig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

willem Botha ·

Alle moordenaars moet n minimum van 50 jaar kry met die oorbevolking in sa tronke sit party van die moordenaars 3 tot 5 jaar dan is hulle uit.Doodstraf is natuurlik eerste keuse.

De Villiers ·

Wat is moord op polisielede anders as enige ander moord? Tronkstraf is nie gepas vir moord nie. Die mees gepaste straf daarvoor is die doodstraf.

DV ·

Waar is die foto’ts van Die krimenele day mense hul kan uitken I dien hulle ontsnap???

Brutus ·

Ja en sommer vir alle moordenaars , baie mense word daagliks vermoor in die geknelde land.

Helena. ·

Ek stem saam met die swaar strawwe, maar, wat van die polisie wat die wapen opneem en wat van die plaas moordenaars. Die polisie is mos nie verhewe bo die gereg nie? Ek wonder maar net waarom die groot issue as dit kom by die polisieman..hulle reageer nie eens altyd as hulle geroep word nie..

Robert ·

Binnekort is die tronke vol van moordenaars maar dit maak nie dat die moord syfers sal daal nie, voor die regering nie ‘n “bang” faktor inbring vir moontlike moordenaars nie sal dit net aanhou toeneem.

Anoniem ·

Konsekwente strawwe vir ALMAL asb ‘n MOORD is ‘n MOORD

? leser ·

en watter imbisiel skrik nou vir 100 jaar tronkstraf, moordenaars neem dit nie ter harte, sa hy gevang word, “what the heck” , sy “boetie” gaan maar net aan en skiet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.