Swaar straf vir Tarkastad-plaasmoordenaars

Argieffoto

Argieffoto

Aletta “Lettie” Rupping (86), ʼn boer van Tarkastad in die Oos-Kaap, se drie moordenaars is Vrydag, byna ʼn jaar ná haar moord, swaar in die Grahamstad-hooggeregshof gevonnis.

Rupping, wat alleen op haar plaas Rietpoort gewoon het, is Sondagoggend 23 Maart verlede jaar ná ʼn kerkdiens in die dorp vermoor.

Maroela Media het vroeër berig haar liggaam is die volgende dag in Whittlesea naby die pad tussen Mbekweni en Oxton aangetref. Sy het verskeie skietwonde opgedoen en daar was patroondoppies langs haar liggaam. Haar gesteelde voertuig is later in Cradock opgespoor.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het destyds aan Maroela Media gesê Rupping is die Sondag omstreeks 12:00 ontvoer.

“Die verdagtes het haar na Queenstown geneem en omstreeks 00:00 kontant uit haar rekening getrek,” het Cameron gesê. Rupping het vermoedelik toe nog geleef sodat hulle haar PIN-kode kon bekom. “Hulle het haar op pad terug na Tarkastad doodgeskiet.”

Die drie verdagtes, twee mans en ʼn vrou, is dieselfde dag waarop Rupping se liggaam gevind is, in hegtenis geneem. Haar persoonlike besittings, insluitend ʼn vuurwapen en debietkaarte, was in hul besit.

Kapt. Stefanie Smith, polisiewoordvoerder, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die twee mans, Xolani Frans (44) en Ayanda Frans (33), is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir haar moord. Hulle is ʼn bykomende 15 jaar vir gewapende roof, tien jaar vir ontvoering en vyf jaar vir die besit van wapens en ammunisie gevonnis.

Die vrou, Thandiwe Kondile (29), is lewenslank gevonnis vir Rupping se moord, asook 15 jaar vir gewapende roof en tien jaar vir ontvoering.

Lt.genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, het die swaar vonnis verwelkom. “Die vonnisoplegging moet ʼn sterk boodskap aan toekomstige oortreders stuur dat die polisie geen steen onaangeroer sal laat om misdaad en kriminele aktiwiteite in die provinsie te beveg nie,” het Binta gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

anet ·

Mooi, dat hulle lewenslank sit. Moordenaars !! Ons verwelkom so ‘n swaar vonnis, en ek hoop dit stuur ‘n boodskap aan die ander skelms en moordenaars in Suid-Afrika

Peet Schabort ·

Kan jy jou indink daardie laaste ure in die lewe van die hulpelose ou tannie? Ek beter niks verder hier sê wat ek wil sê . . .

Elize ·

Anet, ek glo nie lewenslange tronkstraf skrik enige moordenaar/misdadiger af nie. Sulke mense is klaar so gebrein damage (net om so n daad te pleeg getuig daarvan). Die tronke is reeds so vol wat ONS die belastingbetaler vir hom sorg, dat hy beplan al af dag 1 af in die tronk, of sy volgende misdaad, ontsnapping ens. Wens net die regering wil doodstraf terugbring, dis al wat dalk n invloed sal he.

sproetjies ·

Lewenslange tronkstraf perk nou wel jou bewegings in, maar dit skrik niemand meer af nie. Dit verseker net ‘n lekker lewe waar jy elke dag kos, slaapplek en klere het wat deur die belastingbetaler voorsien word. Die doodstraf boesem vrees in en sal ‘n misdadiger 2x laat dink voorhy/sy ‘n misdaad pleeg. Ons regering faal ons landsburgers liederlik. Dis ‘n skande.

snip ·

Wanneer bou hulle nuwe tronke, die bestaandes bars seker al uit hul nate uit?
Dis vreeslik om te dink sy word n hoë ouderdom van 86 om dan vermoor te word. Wat het hulle nou gekry om die arme tannie wat hulpeloos is te vermoor. Ja wat, ons het mos net tronkstraf in die land, so dan moet mens dankbaar wees hulle sit lewenslank, maar die vraag is…..gaan hulle nie nou weer vroëer uitkom oor een of ander onverklaarbare rede nie?

Gina Slabbert ·

Gaan kyk wie is die land se kriminele- 95% is swart en die wyse waar op hul moorde pleeg, is verskriklik en waglik. Ons werk hard vir dit wat ons wil bymekaar maak en hul kom vat als in n oog wink weg. Om n ouer of kind te verloor is die ergste. Hul sal jou dood maak vir n selfoon. Tannie RIP jy is nou op n beter plek by Jesus. Mag hierdie die begin wees om van kriminele n voorbeeld te maak..

Dave ·

Stupid ‘politiek korrekte’ foto. En dit is nie ‘verdagtes’ wat in hegtenis geneem is maar moordenaars. Vervang asseblief daardie argieffoto met ‘n realistiese een.

CHRISTA ·

Dit klink na ‘n swaar vonnis, maar oor vyf jaar word daar gekyk of hulle nie op parool uitgelaat kan word nie. Net verkragters en moordenaars het “the right of life” in ons land. Hulle slagoffers het geen regte nie! Maar die ANC moet onthou: hulle het ook kinders en kleinkinders wat groot word en nie lyfwagte gaan he nie. Kyk net wat het met die minister op ons paaie gebeur – hulle dink hulle is onaantasbaar.

Carl Stockigt ·

Dit is nie n debat nie, almal stem saam, nie net wit mense nie, hang hulle en verwyder hulle uit die samelewing uit sodat die mense wat verder wil bou aan ons land kan aangaan, waar is die demokrasie wanneer die bydraende publiek saamstem, luister na die land se mense, mense vat net tot op n punt tot hulle hulle eie pad loop en dinge in hulle eie hande neem, bring terug die doodstraf vir sulke barbare, ‘n leeu wat n bok vang en met sy tande verskeur is nie eers so wreed nie, persoonlik dink ek vir so ding is hang te goed, hy moet voel en ervaar wat hy aan ander gedoen het.

Carl Stockigt ·

Dit is nie n debat nie, almal stem saam, nie net wit mense nie, hang hulle en verwyder hulle uit die samelewing uit sodat die mense wat verder wil bou aan ons land kan aangaan, waar is die demokrasie wanneer die bydraende publiek saamstem, luister na die land se mense, mense vat net tot op n punt tot hulle hulle eie pad loop en dinge in hulle eie hande neem, bring terug die doodstraf vir sulke barbare, wanneer ‘n luiperd ‘n bok pak ek verskeur is dit nie so wreed nie, persoonlik dink ek vir so ding is hang te goed, hy moet voel en ervaar wat hy aan ander gedoen het.

Dewald ·

Die situasie in Suid Afrika (kan nie meer se ons land nie) is n direkte weerkaatsing van wat in ons ou volkie se broeke sit. Ons huil almal ewe hard maar ons kan nie saamstaan en se genoeg is genoeg, nou gaan ons terug baklei nie. Die ANC het geen plek in hulle beplanning vir n blanke nie. Die bootjie is besig om te sink en daar is nie genoeg “life jackets” nie maar die wat daar is gee ons nog weg ook. Die boere volk gaan wegraak ons nie ALMAL wakker skrik en agterkom wat hier besig is om te gebeur nie…

Louis ·

Kommerwekkend wat in die land gebeur. Alles moet polities korrek wees (ANC voorskrifte) en gevonnisde kriminele het regte. Wat van die slagoffers, wie beskerm hulle regte!!!! Hoekom word daar nie daadwerklik iets aan gedoen nie. Hoekom kan die strafbepalings nie hersien word nie, sodat dit n moontlike misdadeger kan die skrik op die lyf jaag nie. Waarom moet politiek altyd n faktor wees… dis werklik tyd om te reageer en te sê “genoeg is genoeg”.

Noelene Oakley ·

Ek is Engels spreekend en probeer om my Afrikaans te verbeter. Wil graag aansluit.

Noelene Oakley ·

Ek is Engels spreekend en probeer om my Afrikaans te verbeter. Wil graag aansluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.