Swaar straf vir tuinier wat bejaarde vermoor

Trudie Grebe. (Foto met vergunning van Die Pos)

ʼn Tuinier wat sy werkgewer vermoor en toe van haar selfoon beroof het, is lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Polokwane opgelê.

Die 53-jarige Morris Maripa het tereg gestaan vir die moord op Trudie Grebe (73), asook vir roof met verswarende omstandighede. Hy is skuldig bevind op albei aanklagte.

Grebe is op 23 Augustus by haar huis op Modimolle (Nylstroom) vermoor, van waar sy ʼn troeteldiersalon bedryf het.

Morris Maripa is skuldig bevind aan die moord. (Foto: SA Polisie)

ʼn Besoeker het op die dag van die moord ondersoek ingestel nadat Grebe nie soos gewoonlik na buite gekom het nie en het op haar liggaam langs die huis afgekom.

Sy is etlike kere met ʼn mes gesteek en daarna herhaaldelik met ʼn klip oor die kop geslaan.

Maripa het vantevore by Grebe en haar man, Dolf (75), gewerk.

Hy het ná die aanval gevlug en is kort daarna by sy suster se huis, waar hy geskuil het, in hegtenis geneem.

Hy is Woensdag lewenslange tronkstraf vir die moord op Grebe opgelê, asook 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
E

‘n Selfoon. Bid jou aan. Ek is seker dit was seker nie eers ‘n R 30 000 foon nie. Dat ‘n mens so wreed kan wees vir so iets kleins.

isabelle

geen straf sal daai vrou se lewe kan trug bring nie…so ook nie die pyn of hartseer kan wegneem nie So n moordenaar behoort nooit weer tussen normale mense nie :(

Flower Girl

Sy het gedink sy doen iets om vir hom werk te gee maar kyk hoe word sy terug betaal. Wat gaan in die mense se harte aan.So jammer dat dit moes gebeur.

Rhoshe

dis scary dat jou moordenaar deesdae bekend is aan jou

SomeOne

en dan nog 53jarige ouderdom, waar het die skroewe los gekom, en dan word die fonnisse gelyklopend uitgedien, waar is die reg in regstelsel