Swaar straf vir vrou wat baba in veld laat

Argieffoto

ʼn 23-jarige vrou van Noordwes is vroeër die week swaar gestraf vir die moord op haar twee week oue baba.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Mafiesi Mokeki is Woensdag in die Stilfontein-landdroshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

“In Augsutus 2016 het die beskuldigde haar twee week oue baba met opset in die bosse naby die Tony-mynskag in Stilfontein gelaat. Tuis het familielede haar uitgevra oor die baba,” het Makau gesê.

Die familie het glo die saak by die polisie gaan aanmeld toe Mokeki nie kon verduidelik waar die baba was nie.

“Die polisie het vinnig opgetree en Mokeki oor die baba ondervra. Sy het erken sy het die baba in die bosse agtergelaat. Sy is saam met die polisie na die mynskag waar die baba dood aangetref is,” het Makau gesê.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die straf verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

snoefie ·

dit help nie on “straf te verwelkom nie. begin deur die kindertoelaag te stop. gaan kyk berus Hoeveel babas word verwaarloos. arme goedjies was net verwek om die toelaag te kry. gaan kyk ook hoeveel ma’s en pa’s werk maar kry toelaag. as jy nie n kind ksn bekostig nie, MIENIE KINDERS KRY NIE.

andrea van vuren ·

My huiswerker kondig aan sy is swanger. Sy het reeds vier kinders onder die ouderdom van tien. Toe ek haar vra o sy nóg ‘n baba wil hê antwoord sy, no, its or the grant’. Daar het jy jou antwoord Snoefie. Hulle kry hulle ‘grants en dan gaan gooi hulle die babas in die veld weg! Meeste van die tyd vat die man of kêrel die geld en suip dit uit!

al ·

Ek stem saam met jou.
15 Jaar is te min vd moord op jou kind. Die arme kind het wreed omgekom. Sonder voeding, water en aan die elemente oorgelaat.

dirk L ·

Afgryslike daad. Onmenslik. Hierdie dade gaan nie minder word nie, die hele stelsel word gemelk vir geld. As n vrou geskool genoeg was sou dit nie gebeur het nie

J ·

Wat van n baba posbus op te rug by n welsyn kantoor wat 24 uur beman word en onwelkome babas te pos as om hulle dood te maak. En moeder inneem vir direkte sterlisasie om nooit weer n kind in die wereld te bring nie.

Werner ·

In Vanderbijlpark is daar so ‘n plek, Jessica’s Wall, waar mense baba’s anoniem kan plaas aan die buitekant van die Cormed hospitaal. Die hospitaal-personeel versorg dan die baba medies totdat die welsyn oorneem. Dis nog steeds hartseer, maar baie beter as babas wat vermoor word. Ek moet ook ‘n pluimpie gee aan die personeel van Cormed, wat baie menslik en professioneel is.

SARIE VAN HEERDENS ·

Hierdie kind wat dood is is by geboorte geregistreer vir ‘n toelaag en hul toelae word in ‘n bankrekening inbetaal. Wie se hierdie ma sal nie aanhou toelaag ontvang terwyl die kind dood is nie?
Moenie toelae stop nie, stop die aanhoudende geteel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.