Swaar straf vir Vrystaatse plaasmoordenaars

Choppie Bruwer en sy vrou Marian.

Tshediso Motankoba (27) is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op Daniel (Choppie) Bruwer (78) en sy vrou, Marian (67), in Junie verlede jaar.

Daniel, ook bekend as Choppie, en Marian is op hul plaas buite Vanstadensrus, tussen Zastron en Wepener, in die Vrystaat op teregstellingswyse geskiet. Die egpaar se huiswerker het destyds op hulle liggame in die plaashuis afgekom.

Die egpaar was vasgebind voordat komberse oor hulle gegooi en albei in die kop geskiet is.

Die aanvallers het met die egpaar se voertuig en verskeie van hulle persoonlike besittings gevlug. Die voertuig is later die dag verlate gevind.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê Motankoba is ook gevonnis tot twintig jaar tronkstraf vir gewapende roof, tien jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar vir die besit van ammunisie. Sy vonnis sal gelyklopend uitgedien word.

Motankoba se makker, Motlatsi Motsetse, is vroeër al gevonnis nadat hy skuld beken het.

Die 21-jarige Motsetse is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die rooftog, lewenslange tronkstraf vir elk van die moorde, vyf jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar tronkstraf vir die besit van ammunisie, het Mpakane gesê.

Sy vonnisse word ook gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

JV ·

Gelyklopend, dis om van siek te word. Die moordenaar is 27, voordat hy 40 is,, is hy op parool uit dan moor hy weer

Ignatius ·

Bring asb doodstraf terug, hulle is skuldig bevind aan moord, hoekom moet hulle asem haal en ons belastingbetalers moet vir hulle sorg sit hulle OP Robin Eiland en gooi die sleutels weg

Pietman ·

JV, dis wat my boos maak. Meeste mense dink n lewenslange vonnis beteken lewenslank. Ook kanselleer die ‘gelyklopend’ alles! Plaas dat die regter se dat die moordenaars na n paar jaar weer op straat is. ‘SWAAR STRAF’ se g@t!

Sarel ·

So as ek…. 4 vermoor my vonnis gaan gelyklopend wees. As ek 12 vermoor….. My vonnis sal gelyklopend wees. Dws 12 jaar gevolg deur parool vir n 25 jaar lewenslank.
Multi moorde gaan mode raak hoor my lied.

JD ·

Wanneer gaan ons wakker word en ophou wegkyk , ons het werklik ń patetiese ou volkie geword wat só maklik deur die duiwel se magte uitgemoor word , is daar nog 1 oor met ń rugraat ??

Pieter ·

Ek stem honderd persent saam met jou ons blanke nasie kan net praat en dit is al ons is n slap gat nasie dit is hoekom ons is waar ons is

Marius ·

Kan n regskenner dalk vir ons die gelyk uitdiening van straf verduidelik?

Essie ·

Dis nie n swaar straf nie gee hom die doodstraf dan sal ek sê dit is wat hom toekom

Essie ·

My Bybel sê n oog vir n oog so as jy iemand doodmaak moet jy met dieselfde beboet word

m.d.r. ·

eintlik is die “lewenslange” straf effektief 20 jaar.
Twintig jaar van versorging deurdie belastingbetaler..
En die naasbestaandes van die Bruwer egpaar…?
Sal nooit ooit weer met enigeen van die twee kan praat nie…nie raad vra nie…geen verjaardag of kersgeskenke ooit weer nie……..net daardie groot niks….!!
Ek die moordenaars se fmilie kan kom kuier in die tronk en geskenkies saambring….
Weereens is die gereg se skaal uit balans uit …!!

Johann M van Heerden ·

Dit gaan nie twee mense terugbring nie. Hoe lank gaan hulle sit tot hulle op parool uitkom? Die straf is sinloos as dit nie gevolg word met strenger optrede om mense te beskerm en polisie op te skerp nie.

Muffin ·

Bring die doodsstraf terug is al wat n mate van uitwerking sal he. Nou het hulle lekker gratis verblyf, etes ingesluit en klere en ons betaal om hulle aan die lewe te hou.

Mariius ·

Vat net die opsie van parool weg. Lewenslank moet 30 jaar wees met opsie om te verleng met nog 15 jaar. Dan beteken dit iets en vonnise moet nie gelyklopend uitgedien kan word nie.

Cherokee ·

Jy’t ‘n vreemde naam.
Lewenslank moet presies dìt wees wat dit genoem word. Dit is vals om dit lewenslank te noem maar te koppel aan ‘n jaartal.

Dawid ·

Lewens lank moet lewens wees. Hoe kan jy na ‘n derde van jou vonnis vrygelaar word?

Ignatius ·

Solank doodstraf nie ingestel word nie, sal hulle aanhou moor. Hulle is skuldig bevind!!!! Deesdae ontsnap hulle met die hulp van bewaarders ens ons regstelsel is n joke, as jy moordenaars wil straf sonder doodstraf, maak seker jy gooi die sleutels weg, nou gooi hulle menseregte voor jou oë, what a joke!!

Willem ·

Priesies wat is so swaar aan hierdie straf? Jy neem ‘n lewe en kry lewenslank gratis veblyf, kos en mediese dienste terwyl die mense wat vermoor is se boedelbelasting daarvoor betaal en do ook ek en jy.

God sal hulle oordeel, dit kom Hom alleen toe. Hulle sal verantwoording doen vir elke daad.

Pieter ·

Dit is ons blankes se probleem ons praat en ons praat maar dit is waar dit bly ons is n slap g…t nasie en hulle weet dit hulle lag vir ons

Laksman ·

Ons vonisse werk so:
Lewenslank = 25 jaar voor parool. So dit is nie regtig lewenslank nie.
Baie regters gee ‘n vonnis spesifiek van 25 jaar vir moord. Dan kry die moordenaars effektiewelik 12.5 jaar tronkstraf voor parool. Gelukkig nie hierbo van toepassing.
So, die wreedaarde hierbo kry elk ‘n 20-25 jaar vakansie vanaf SARS.

Pieter ·

Jip stem saam met jou ons belasting geld sorg vir hulle nou kan hulle nog studeer ook dit gaan lekker hier in hulle land

Rubber ·

Beteken loos. Hulle is dood. In die vrot korrupte sisteem is hulle oor ‘n paar uit om net verder die Boere volk uit te moor. Maar miskien kom die Jhb Nigeriërs aan bewind en bring die doodstraf terug. Wie weet. Piesang Republiek.

Magaretha van heerden ·

Misleidende opskrif! Wat is swaar aan die straf?

Ignatius ·

Ons almal is magteloos, ons weet wie regeer die land? Niks gaan verander nie, ek voel net jammer dat magtelose onskuldige oumense so wreed vermoor word, wie sit agter dit? Wie gee die opdragte? Ek is seker moorde het toegeneem vanaf 1994!!!

Nico ·

Die regte vonnis sou wees ” tronkstraf vir die res van sy natuurlike lewe, sonder die moontlikheid van parool”. Dit is wat lewenslank moet beteken . Is dit duidelik ?

Gerhard ·

Ek wil net weer praat met die ouens hierbo wat so pleit vir die doodstraf om terug te kom. Mense, wil julle die doodstraf terugbring onder ‘n ANC/EFF-regering? Besef julle die implikasies van dit wat julle vra? Winston Churchill het glo gesê: ‘A five-minute conversation with the average voter makes one realise that democracy is maybe not such a good idea.’

Francois Grobler ·

Churchill het nie in Suid Afrika gebly nie, dan sou hy n ander storie gesing het.

Gaitsigubib ·

Goeie een Gerhard! Mens moes sy wyshede gebruik het vir konservatieve propaganda in die 1980″s. Dan het ons dalk steeds nog die doodstraf in plek gehad en hierdie gesprek sou nie nou nodig gewees het nie!

Skoolgeld ·

Dis om van te kots man! Ek stem nie saam oor die straf wat enige een hier gekry het nie! Nou ja, het die gemeenskap op hulle afgekom was dit dieselfde storie as die Parys hofsaak!

Jannie van Niekerk ·

Net ‘n regstelling op Christel Cornelissen se berig: Dit is NIE ‘n swaar straf nie. Doodstraf is nie eers ‘n swaar straf vir plaasmoordenaars nie.

Sniper ·

Daar is regtig soveel makliker maniere om van skuim ontslae te raak? SA slaap

Grobler Steyn ·

Was self n lid van korrektiewe dienste plaasmoordenaars word soos helde deur swart lede en mede gevangenes behandel hulle kry voorkeur wat kos en voordele aanbetref tronkstraf is n ego trip wat sy demoniese dade regverdig hy moet buite die regstelsel hanteer word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.