Swaar strawwe vir vetplantboewe

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

Die Springbok-landdroshof in die Noord-Kaap het vier Chinese burgers swaar strawwe opgelê vir oortredings van die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet.

Yu Shi, Zeng Zang, Li Wei en Junbo Liu is op 6 Mei vanjaar op die N7 naby Kamieskroon in hegtenis geneem, nadat hulle in besit van beskermde vetplante met ʼn geraamde waarde van R1,5 miljoen gevind is, het kapt. Olebogeng Tawana, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en die Springbok-veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid was by die inhegtenisnemings betrokke.

“Die vier het vroeër vandeesweek skuldig gepleit aan oortredings van die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet. Al vier is gevonnis tot twee jaar tronkstraf, of ʼn boete van R150 000, asook nóg twee jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is,” het Tawana gesê.

Die hof het die vier ook beveel om ʼn bykomende R100 000 aan ʼn natuurbewaringsorganisasie te skenk.

Die Noord-Kaapse polisiebestuur het die betrokke polisielede, asook die Nasionale Vervolgingsgesag en Departement van Justisie bedank vir hulle bydrae om te verseker dat die vier skuldig bevind en gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hans

Moenie onskuldig die wet oortree nie. As dit mooi lyk in natuur, los dit waar dit mooi lyk.

Gert van Wierdapark

Jikkel stikkel my China ek is bly die viertal het aan die pen gery! SAL dit nie wonderlike wees as dieselfde soort welslae met die Renoster-Moordenaars be haal kan word nie!

Johanna Botha

Eers renosterhoring nou vetplante …gaan die uitrooi ooit stop. In centurion work bakkie vragte alwyne langs die pad verkoop wat iewers uitgekap was wortel en al !

Pitty

So as jy alles aftrek het hulle nog steds n wins van R500.000. Praat ons nie eers daarvan hoe lang hulle al die natuur verwoes het.

SjN

Ek like Springbok se wetstoepassers, wie en hoe word die geraamde waardes bereken.