Swaar verkeer met vakansiegangers wat huiswaarts keer

Argieffoto

Argieffoto

Swaar verkeer word op talle van die land se paaie verwag met vakansiegangers wat van die kusgebiede af terugkeer huiswaarts.

Meer as 1 700 motors het tussen 09:00 en 10:00 deur die Mooirivier-tolplaza beweeg in ʼn noordelike rigting. Sowat 750 voertuie het in dieselfde tyd in ʼn suidelike rigting beweeg.

Meer as 1 200 motors het deur die Tugela-tolplaza beweeg en meer as ʼn 1 000 voertuie het onderskeidelik deur die Wilge- en De Hoek-tolplazas.

By die Pumulani-tolplaza is meer as 2 000 motors per uur getel, sowel as by die Carousel-tolplaza met mense wat terugkeer na Gauteng van Limpopo af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Chris Ws ·

Die kus dorpe gaan die duisende binnelanders se geldjies mis in die volgende paar maande.As almal een jaar binnelandse oorde besoek sal daar ‘n geween en gekners van tande van die kus streke af wees!Dankietog ek en my vrou het NIEMAND die feestyd verryk nie!Jan tuisbly se karretjie is baie goedkoper EN veiliger om te ry!Ons voertuig is 2 weke gelede vol gemaak en is steeds vol en ons is heerlik uitgerus agv geen verkeers stres nie.

Elize ·

Mag ek tog nooit so arm of suinig word nie. Die mense bied goeie diens vir die vakansiegangers en dis nou nie dat hulle die mense met skelmstreke uit hulle geld uit kul nie. Nie almal het lus na ‘n jaar om weer teen hulle huis se mure vas te kyk nie. Son, see, kuier met hulle kinders en vriende laat hulle ontspan en gee hulle krag en moed vir ‘n lang jaar wat voorlê

Johann ·

Party mense het net nie die geld nie. Nie nodig om op hulle neer te sien nie. Ek is nie suinig nie, ook seker nie arm nie, maar dit sukkel maar om maandeliks uit te kom, so besluite moet geneem word. Fly now pay later, maar later is daar ook nie geld nie.

rudolph ·

Chris WS ons het gelukkig nie jou geldjies nodig nie..groete uit die kaap!

Jan ·

rudolph, julle is wel gelukkig om al die ander toeriste, sommer die binne- en buitelands se geldjies te kan bekom, julle as toeristemekka is mos daarvan afhanklik, dis die realiteit. Dit is mos maar soos die ekonomie werk. Sê dankie aan die mense wat julle so bemark. Dankie ook tafelberg, dankie see, dankie al die wynlandgoede, dankie vir die weskus tot by die verste punt suid, julle is geseend.

Frans ·

Ek was al die jare n Gautenger en bly nou teen die kus en sal dit noit veruil vir dai klomp taxi en potholes van vereeniging nie da niks moier as om dai klomp wit lyfies te sien roinbrand hier in die son op die strand nie en as die wind op kom wai hy somer dai plaas dam casibo dat hy doer trek hahaha

jaco ·

hulle beter vining huiswaarts keer, voordat die hoer petrolprys op die 4de Januarie hulle vang. As ek so na die duisende vakansiegangers en al die vakansieverkeer op die paaie kyk en ek sien hoe oorvol is winkelsentrums die hele Desembermaand lank, dan wonder ek waarheen het die ekonomiese resessie en die “swaar tye” waaroor almal so kla dan skielik verdwyn.

Waarheid ·

Dis waar wat jy se Jaco. Die mense is geneig om met die brood onder die arm te kla en voor te gee dat hule brandarm is maar hulle is nooit te arm om op n vakansie te gaan nie?

Alida ·

Ons sien op niemand neer nie maar terwille van jou kinders gaan jy SEE toe en klaar. Heerlike wes kaap sonder misdaad!

Johann ·

Is dit nou jy en Elize? Hoekom voel jy ek het jou ook betrek?

Ian ·

Bly net weg vam Ramsgate. GEEN WATER. Nou al vir 2 dae. Lyk ook nie of daar in die volgende paar dae water gaan wees nie.

Maureen ·

Mense as jul dit kan doen doen dit. Ek is nou al aan di ou kant van die lewe maar het dit op my dae gedoen en mens verlang daarna. Ek se gedurig wena ek kon so n see vakansi met my kleindogter mee maak maar daar is nou ni meer geld vi sulke luukses ni maar doen dit. Geniet dit as jy dit kan bekostig. Al die ” memoires” is heerlik om van tyd tot tyd te bespreek. Dit sorg vir lekker lag.

Alida ·

As jy see toe gaan, gaan jy wes kaap toe! Baie min misdaad maar vermy die KZN suidkus.

Cherokee ·

As jy see toe gaan, hou vakansie in KZN! Vermy die Kaap en omgewing met hul bendeoorloë en dwelmneste. Misdaad wat tog somtyds plaasvind in KZN is ingevoerde misdadigers vanuit Gauteng en die Kaap.

Bokkie ·

Vir die baie mense wat wel n see vakansie gehad het hoop ek julle het dit geniet.Ons het 6 jaar in Toti gebly en is weer terug in die Vrystaat a.g.v. werk.Ons sal weer by die see gaan kuier eendag maar eerder buite seisoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.