Swaar verkeer op Gautengse hoofweë verwag

Foto: Ryno Ellis, Pretoria Rekord.

Foto: Ryno Ellis, Pretoria Rekord.

Die Gautengse verkeersdepartement het motoriste versoek om waaksaam te wees aangesien swaar verkeer teen Sondag op die provinsie se hoofweë verwag word.

“Sommige paaie in Gauteng en ander provinsies is aansienlik beskadig weens die afgelope swaar weke se swaar reën,” het Obed Sibisa, woordvoerder van die verkeersdepartement, gesê. “Padgebruikers word aangeraai om ekstra waaksaam te wees en om nie op beskadigde padoppervlakke te ry nie en op die uitkyk vir slaggate te wees.” Hy sê van die paaie wat na verwagting baie besig gaan wees, is die N1-suid vanaf Limpopo, die N1-noord vanaf die Vrystaat, die N3-noord vanaf KwaZulu-Natal, die N4-wes vanaf Mpumalanga , die N4-oos vanaf Noordwes en die N12-oos vanaf Potchefstroom.

Sibisa sê daar sal padblokkades op al die hoofroetes wees. “Ons doel is om ʼn slagting en sterftes op Gauteng se paaie te vermy. Ons doen ʼn beroep op padgebruikers om verantwoordelik te wees en aan die padreëls te voldoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.