Swaar vonnis gevra ná moord op bejaarde

Phumzile Mabope. Foto: Raaihil Sain/ANA

WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die verdediging van ʼn jong man wat as 17-jarige seun die 95-jarige Maria Vermaak verkrag en brutaal vermoor het, het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gepleit vir genade wanneer hy gevonnis word.

Phumzile Mabope (nou 19) is verlede maand skuldig bevind aan 12 aanklagte insluitend moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die doel om te steel.

Skokkende bewyse het tydens die verhoor aan die lig gekom oor Mabope wat Vermaak, ʼn bejaarde inwoner van Uitenhage, verkrag en vermoor het.

Mabope het aan die hof gesê hy het na Vermaak se huis in Luytstraat gegaan om avokado’s van ʼn boom op die perseel te steel. Hy het erken hy het haar doodgemaak, maar skuld ontken op die aanklag van verkragting.

Die bejaarde vrou is erg aangerand en die hof het bevind Mabope het wel die vrou verkrag voordat sy dood is, ten spyte van sy teenstrydige weergawe van die gebeure.

Tussen November 2015 en Februarie 2017 het die tiener op ʼn misdaadtog gegaan en by minstens vier huise en ʼn sakeonderneming ingebreek.

Jodene Coertzen, Mabope se regsverteenwoordiger, het Maandag tydens die voorvonnisverrigtinge aangevoer Mabope se grootwoordjare is ʼn hartseer storie en dat hy ʼn lewe van misdaad gevolg het in ʼn poging om te oorleef. Coertzen het gesê indien Mabope beter leiding van sy ouers ontvang het, sou hy dalk nie vandag gesit het waar hy is nie.

Sy het toegegee dat direkte tronkstraf die enigste gepaste vonnis sal wees, maar het die hof versoek om hom ingevolge die Wet op Kindergeregtigheid te vonnis en hom ʼn vonnis van minder as 25 jaar op te lê.

“ʼn Vonnis van 25 jaar is onregverdig. Só ʼn lang vonnis sal die beskuldigde faal en enige kans vir hom om gerehabiliteer te word wegneem,” het Coertzen gesê.

Die staat het egter aangevoer dat Mabope se sosio-ekonomiese omstandighede nie sy dade bepaal het nie. Die staat het die hof daarop gewys dat die meeste van Mabope se slagoffers, wat meestal bejaarde inwoners was, weerloos was en erge trauma van die beproewinge oorgehou het.

Die staat het aangevoer Vermaak was swak en Mabope het inbraak gemaak op haar reg tot veiligheid. Die staat het die hof verder daarop gewys dat Mabope ten tyde van die string huisbrake en die verkragting van en moord op Vermaak ʼn opgeskorte vonnis teen hom gehad het.

“Die slagoffers van Uitenhage moes tot die gevolg kom dat die gemeenskap van Uitenhage nie veilig is nie.”

Die staat het versoek dat die hof Mabope direkte tronkstraf vir al die klagtes teen hom oplê.

Ingevolge die Wet op Kindergeregtigheid is die maksimumvonnis wat Mabope opgelê kan word 25 jaar.

Regter Dayalin Chetty sal Donderdag die vonnisuitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

monika ·

‘n opgeskorte vonnis, en dan is 25 jaar te lank want dit sal sy kans om gerehabiliteer te word wegvat? come again???

christa ·

geen versagting. Kinderjare het niks net die saak te doen nie. Hy kon mos beter geweet het wat reg en verkeerd is. Almal van ons het swaar kinderjare gehad en dit het ons nie skelms en moordenaars laat word nie.

leser ·

niks het hom gekeer om rooftogte en misdade te pleeg nie, waarom moet hy nou skielik jammer gekry word

Se maar net 1 ·

En dan lieg hy ook nog oor die verkragting, maar soek versagting?!

Sam ·

So vir 25 jaar moet ons vir hom sorg, terwyl hy nie n worry vir n sekonde het nie, net om na 25 jaar uit te kom en weer te moor. Siestog, dis so n wrede lewe ne.

James ·

Nou gaan my maandlikse belasting bydra om vir hom te sorg. Ek sukkel om net uit te kom en 3 werke te doen…….

GerhardG ·

‘n Mens maak ‘inbreuk’ op iemand se reg. Die ‘inbraak’ was ‘n misdaad.

Melanie ·

Die monster moet totaal en al verwyder word uit die samelewing. Hy het goed geweet wat hy doen. Kinderjare maak nie saak hoe traumaties is nie ‘n verskoning nie!!! Mens besluit wie jy wil wees en kies om ‘n beter lewe te lui. As jou ouers jou gefaal het, kan jy besluit om niks soos hulle te wees nie. Daar is baie van ons wat baie traumatiese agtergronde het, maar die keuse maak om nie dit as verskoning te gebruik nie.

Nelia van Zyl ·

Nou toe nou – hy verkrag ‘n 95-jarige weerlose bejaarde. Waar is sy kindwees toe???

Gert ·

As jy kan moor moet jy lewenslank sit. Dit is omdat kinders met handskoene hanteer word. As hulle groot wil wees moet so hanteer word

M.V. ·

Ek wonder wat die coertzen sou sê as dit sy/haar ma was….

Dolla ·

hy moet swaar gestraf word want hy het mense se reg om te lewe van hulle afgevat
die feit dat hy swaar gekry het is nie n verskoning nie dit gee hom nie n rede om onskuldige mense dood te maak nie .

Annette ·

Die problem in ons land en gemeenskap het begin die dag 1994 toe opvoeding en disipliene met sielkunde vervang is. Kinders rand onderwysers aan ouers moet hulle kinders reg leer maar jy mag jou kind nie tugtig nie daar is ‘n verskil tussen aanranding en tugtiging sodra dit reg gestel word sal dinge onder ons jeug klaar baie verander

Swanna ·

Dit is snaaks van hierdie tipe mens as ek dit ‘n mens kan noem. Wanneer gevang word en gevonnis word roep hulle om genaade maar toe die persoon wat hy verkrag het en vermoor het vir genade gesmeek het en ek glo die vrou het, het hy geen genade getoon aan haar nie anders sou sy vandag nog gelewe het. Hy moet die straf hanteer wat kom, maar ons ken die nuwe wet. Omdat hy vir genaade pleit en maak of hy jammer is sal hy wegkom met moord. Dit is hoe hulle werk.

Miekie ·

Ek het dan gedink die tronke doen rehablitasie werk in die tronk. As hy so geweldadig optree wat gebeur as hy uitkom. MISDAAD hier kom ek

Elize ·

Is dit nie snaaks dat dit altyd ‘n vroue prokureur is wat die “swaar kinderjare” wil voorgooi as daar moord gepleeg word nie. Hoeveel van ons het “swaar kinderjare” gehad maar het nie gedraai na moord en misdaad nie. Dit is in jou of dit is nie. Die wreedheid is deel van sy menswees en sal nie verdwyn nie en daarom is 25 jaar ook te min vir hom

Andre ·

Onthou, feitlik alle kriminele word deur kriminele gehelp om versagting te kry. Jodine Coertzen is nog een – prokureurs weet ook as hulle kwalifiseer dat hulle kriminele gaan verdedig as hulle gaan praktiseer, en hulle kies die beroep om hulle self te verryk uit andere se situasies. Hulle moet saam met hulle kliente toegesluit word as hulle die saak verloor. Het iemand al gehoor van ‘n prokureur wat jammer is vir ‘n persoon en sy/haar geliefdes wat die trauma moes deusrtaan?

Estie ·

Hulle sê altyd ‘n prokureur / advokaat doen net sy/haar werk, maar ek het partykeer my bedenkinge …

Ag rerig ·

Hy pleit vir genade wanneer hy gevonnis word…ag shame. Maar toe jy die arme dame verkrag en vermoor het, het sy ook seker gesmeek vir genade om haar te spaar, maar jyt voort gegaan met jou haaglike misdaad.

Jy verdien tronkstraf met geen genade nie. Jou moeilike kinderdae is n flou verskoning vir dit wat jy gedoen het.

Blom ·

Hy pleit nou vir genade maar het geen genade vir die arme tannie gehad nie – wreedaard, ek hoop hy word toegsluit en sien NOOIT weer die buitekant van die tronk nie.

Liz ·

Weet nie hoe iemand so n skurmonkel kan verdedig nie. Geld is belangriker as integriteit. Oe e e

zeno ·

As `n kind hom wil gedra soos `n grootmens, dan moet hy die gevolge dra.Sluit hom toe lewenslank,dan kan hy nie weer sulke wrede dade pleeg nie.

Diefie ·

Wat! pleit vir genade! Sodat hy dit weer en weer kan doen! Die son moet nooit weer vir hom skyn nie.

Charlene ·

Geen genade vir hom nie, het hy die demoon genade gehad vir Maria Vermaak. Hy moet eindelik die doodstraf kry.

Lou ·

Dit is presies hoekom ek bitter min respek of agting het vir prokureurs wat sulke sake aanvaar. Die mannetjie moet boet vir sy dade. G’n versagting nie. Wat van mense wat uit haglike omstandighede kom en hulle self ophef en ‘n sukses maak van hulle lewe ?
Jy wil of jy wil nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.