Swaar vonnis ná Pta-dubbelmoord

Piet en Evah Beetge. Foto: Verskaf

Die drie mense wat ʼn rol gespeel het in die dubbelmoord op Piet (59) en Evah (49) Beetge, die egpaar van Capitalpark wie se liggame in Desember 2015 in die Hennopsrivier in Centurion gevind is, gaan lank agter tralies sit.

Maroela Media het vroeër berig die Beetge-egpaar is op Welwillendheidsdag 2015 beroof en vermoor waarna hul liggame in die Hennopsrivier gestort is. Hul liggame is op 27 Desember met kopbeserings en tekens van verwurging gevind.

Die Wonderboompoort-polisie het twee sake van moord en ʼn saak van roof aanhangig gemaak. Sers. Cari van Wyk (née Putter) het die saak ondersoek.

Evah se 19-jarige dogter, Bonolo Lekalakala, en haar destydse kêrel, Thapelo Molokomme (toe 25), is saam op 7 Januarie 2016 weens die moorde in hegtenis geneem. Hulle het die Maandag daarna saam in die Pretoria-landdroshof verskyn, dieselfde dag as wat ʼn gedenkdiens vir die Beetges gehou is.

Met nadere ondersoek is vasgestel dat Molokomme se vriend, Kgaugelo Rapelego (toe ook 25), hom bygestaan het om die egpaar te vermoor.

Dit het tydens die drie beskuldigdes se verhoor in die Pretoria-hooggeregshof aan die lig gekom dat geld die motief vir die moorde was en dat dit vooraf beplan was.

Lekalakala, nou 21 jaar oud, het in Augustus vanjaar skuld beken op twee aanklagte van moord en ʼn aanklag van roof. Sy is 20 jaar tronkstraf vir elke moord opgelê en 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien wat beteken sy is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Molokomme (27) en Rapelego (27) het onskuldig gepleit. Regter Bert Bam het hulle egter skuldig bevind en hulle is Woensdag gevonnis. Bam het albei tot lewenslange tronkstraf vir elke moord gevonnis asook 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede.

Lees die vorige berigte oo Piet en Evah Beetge op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Dankie Regter Bamm. Hoop u beslissing is positief in Poppie se saak ook. U laat geregtigheid seevier.

Cherokee ·

Nee Alida, geregtigheid is dit nie wanneer vonnisse vir moord gelyktydig uitgedien word nie.

Herman ·

In SA dien min mense hulle effektiewe moord vonisse uit veral as dit by sekere ras kom. As hy nie ontsnap nie, dan word hy vrygelaat na n paar jaar.

Panda ·

Sjoe……………… wat ‘n skok. Piet was my oorlede sussie se ex-man. Wat ‘n great mens!!!! Sterkte aan die familie. Rus in vrede julle tweetjies.

SIC ·

20 JAAR VIR TWEE koelbloedige MOORDE, 16 JAAR VIR ‘n ou wat jy in ‘n kis ingedwing het wat jou plaas onregmatig betree het . HEL YEAH dit klink na ‘n baie billike vonnis, BAIE dankie dat julle die moordenaars so SWAAR straf!

Stephanie van Niekerk ·

Ironies. Daar is twee wette. Een as jy wit is, en ‘n ander as jy swart is. Die sogenaamde reenboognasie is eintlik swart en wit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.