Swaar vonnis vir Akasia-reeksverkragter

Argieffoto

Argieffoto

Vincent Lerato Mogol, ʼn reeksverkragter wat twee jaar lank ʼn skrikbewind in Pretoria en Brits gevoer het, is swaar gevonnis in die Garankuwa-landdroshof.

Die Gautengse polisie het Vrydag in ʼn verklaring gesê Mogolo is tot twee keer lewenslank en ʼn bykomende 96 jaar tronkstraf gevonnis.

Mogolo het van 2010 tot 2011 ʼn skikbewind gevoer in die Akasia-omgewing, noord van Pretoria,  asook rondom Brits in Noordwes.

“Hy het tereg gestaan op 10 aanklagte van verkragting, roof met verswarende omstandighede asook aanranding,” het die polisie gesê. “Hy is skuldig bevind op al die aanklagte teen hom.”

Die polisie het die vonnisoplegging en Mogolo se verwydering uit die gemeenskap verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.