Swaar vonnis vir Kaapstad-reeksmoordenaar

Argieffoto

Argieffoto

Kahangayi Sedumedi (32), die sogenaamde Century City-reeksmoordenaar, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot sewe keer lewenslange tronkstraf, sowel as ʼn bykomende 40 jaar direkte tronkstraf, gevonnis.

Sedumedi het emosieloos voorgekom toe sy prokureur, Morne Calitz, bevestig het sy kliënt verstaan die voorwaardes van sy pleit- en vonnisooreenkoms. “Dit is die langste vonnis wat ek nog ooit in die afgelope 22 jaar opgelê het,” het regter John Hlophe gesê.

Sedumedi het tereg gestaan op 23 aanklagte, waaronder verkragting, moord, aanranding, roof met verswarende omstandighede en ontvoering.

Hy het skuld beken op 21 van die aanklagte, waaronder agt van verkragting, vier van moord en drie van ontvoering. Die ander twee aanklagte is teruggetrek. Hy het die misdrywe van November 2011 tot Januarie 2015 gepleeg.

Sedumedi se naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem word en hy is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Hy is in Januarie verlede jaar in hegtenis geneem nadat die ontbinde liggame van vyf vroue oor ʼn tydperk van tien maande in ʼn veld naby die Century City- en Akasia-treinstasie opgespoor is. Al die vroue was naak en hul hande was agter hul rûe vasgebind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

m ·

Al wat nou gebeur is jy teer op die belastingbetaler se geld…. So jammer hy kan nie permanent verwyder word nie.

Koos ·

Ek wonder hoe lank hy werklik in die tronk sal moet bly met die amnestie vir oorbevolkte tronke en goeie gedrag?

Topster ·

Hy gaan nou pap vreet en ek en jy die gewone ou landsburger moet op dok hy moet uit die samelewing verwyder word

Cherokee ·

Die langste vonnis wat Hlope al opgelê het. Beteken dit dat die vonisse opvolgend uitgedien moet word? Want as dit samelopend gedoen word is daar geen verskil tussen 7 vonnisse of een nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.