Swaar vonnis vir twee wat bejaarde egpaar vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn bejaarde egpaar is Vrydag in die Vryheid-hooggeregshof tot twee lewenslange tronkstraf elk gevonnis.

Maj. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Saterdag gesê Khulekani Vezi (33) en Muzikawubongwa Hlatshwayo (47) is albei vroeër skuldig bevind aan die moord op Thumela Nkosi (80) en sy vrou Agnes (75).

“Die bejaarde egpaar was op 24 April 2012 by hul huis in Kwangwanya, Paulpietersburg toe die mans hulle aangeval het,” het Zwane gesê.

“Die egpaar is aangerand en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Albei slagoffers is op die toneel dood.”

Vezi en Hlatshwayo het die egpaar se juwele gesteel en van die toneel gevlug.

Die polisie het hulle kort na die moorde in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.