Swaar vonnisse ná moord op geliefde oudskoolhoof

Sollie Botha

Sollie Botha

Sollie Botha (71), ʼn geliefde oudskoolhoof van Zeerust, Noordwes, wat koelbloedig doodgeskiet is, se moordenaars is gevonnis.

Botha en sy vrou, Elsa, is op 15 September 2013 in die vroeë oggendure in hul huis oorval. Botha is in die kop geskiet nadat hy gaan ondersoek instel het na die honde se geblaf. Elsa is vasgebind op haar bed aangetref.

Botha se moordenaars is verlede week swaar gevonnis. Moses Nonono (28) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord sowel as ʼn bykomende 76 jaar tronkstraf op ses aanklagte van huisroof en diefstal. Govender Leteane (27) en Gift Leepile is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord en ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf vir huisroof.

Nonono se vonnis sluit tronkstraf in vir ander rooftogte in Zeerust tussen 2012 en 2013. Maroela Media het destyds berig ʼn bejaarde vrou is verkrag en ʼn boer geskiet tydens ʼn plaasaanval naby Zeerust, ʼn dag ná die moord op Botha.

Andries Matladi en Knowledge Paul Mandlazi is ook verlede week gevonnis in verband met ander misdade in die Zeerust-omgewing. Matladi is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir huisroof en Mandlazi tot 22 jaar tronkstraf vir huisroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Mandlazi dien reeds lewenslange tronkstraf uit vir misdade op plase in die Zeerust- en Brits-omgewing.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in Noordwes, het die vonnisse verwelkom en die ondersoekspanne geloof vir hul toewyding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hendrik ·

daar bestaan n moontlikheid dat hy nog lewend uit die tronk sal kom. Ek wonder of die slagoffers se familie ook die keuse sal hê tot die sy vrylating soos wat Hani se familie het. Ek wonder maar net.

Sarie ·

Hendrik. Jy hoef geensins te wònder nie. Jý kén mos die antwoord….

Johan Koen ·

KYK NA AL DIE AANKLAGTES WAARAAN HULLE SKULDIG BEVIND IS – DIE AGTERBLEWENDES EN VERKRAGTE DAME SIT MET DIE TRAUMA – HIERDIE SKULDIGES GAAN SIT LEKKER IN DIE TRONK LEWENSLANK PLUS, PLUS EN WAT GEBEUR ONS BETAAL VIR HULLE KOS EN VERBLYF – LEKKER –

Sarie ·

Dit het tyd geword dat gevangenis in òns land, netsoos in talle ander lande, in hul eie behoeftes moet voorsien & dit sluit voedsel in… Dit sal beteken dat hul famielies die las sal moet dra & hulle sààm met diè wat buite is sal swaarkry… Èk glo dit sal ‘n gròòt verskil maak aan misdaad. Die gevangenes kan ‘n karige maandelikse loon verdien mits hulle daarvoor werk & dit kan kan hulle gebruik vir hul eie onderhoudskoste. Hulle sal nie maklik iemand anders se kos òf geld kan steel, as die bewaarders dinge behoorlik monitor nie. Dit sal die bewaarders ook heeldag besig & slank hou & verseker dat hùlle ook hùl salarisse verdien. Glò my, dit kàn & sàl werk, as die règte wette & roetines ingestel & onderhou word. Dit sal die geldlas tov Korrektiewe Dienste oppi staatskas, aansienlik verlaag.. Netso kan meeste vd geldvraat-instansies reggeruk word, sodat daar geld kan wees vir dinge soos bekostigbare onderwys. Maar helaas is harde werk & deursettingsvermoë, vloekwoorde in hierdie land!!!

Simon ·

Sarie, Ek dink jy moet aansoek doen vir die posisie van Direkteur van DKD.
Dan kan jy jou oortuiging uit-leef om aan ander te doen soos wat jy aan jouself gedoen wil he in ooreenstemming met een van die bene van jou Christelike geloof om jou “naaste lief te he soos jouself”.

Ben Prinsloo ·

Mooi gestel Hendrik. Die antwoord is nee want hulle is wit.

Elsie ·

As al die moordenaars en plaasaanvallers en vergragters ens. ens. sulke strawwe kry is dit ook die moeite werd. In die verlede was die strawwe te lig en hulle kry maklik parool maar hierdie strawwe moet net altyd toegepas word dan sal hulle DALK bietjie skrik.

Sarie ·

Telkens wanneer èk ‘n voorstel indien of iets anders sê as die geykte “Genoeg is genoeg” ens, word mý kommentaar niè geplaas nie… Ek mors dus my tyd, want dis duidelik dat julle die klakkelose kommentaar bò iets met pit verkies!!!

Helena ·

Net ‘n regstelling Maroela, Oom Sollie se vrou se naam is Elsa, nie Elsie nie.
Ek is baie bly hulle is swaar gestraf. Sterkte vir tannie Elsa, Elru en Anina.

Landi Slatter ·

Dagsê Helena

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Hannie ·

Ek het dieselfde probleem Sarie, daarom hou ek maar my opienies vir my self.

Theresa ·

Eintlik moet daar ‘n register gehou word van hierdie moorde en verkragtings en kindermishandelings. Daar moet duidelik gesê word wie dit is, wat die vonnis was en dan soos tyd verbygaan, moet daar aangedui word of daardie persoon nog die vonnis uitdien.
Dit moet vir die publiek in ‘n misdaadjoernaal gedruk word. Hierdie tipe misdadigers (is hul van Suid-Afrika?) moet fyn dopgehou word, sodat daar nie weer so iets gebeur nie.

Sarel Strydom ·

Hierdie vonissie dien nie as afskrikmiddel vir die oortreders nie. Maar nou ja Minister van Justissie beoefen eerder politiek.

Swanna ·

Belaglik. Neem drie jaar om moordernaars te fonnis. Dan wil ek nie eens weet wat was die kostes wat uit jantaks se sak geruk is vir die storie. Die galg tou moet terug gebring word dan sal hierdie onsinlike moorde op hou.

Hannelie ·

Met hierdie regstelsel in ons land, is hulle oor ‘n paar jaar vry. Maar ek is bly geregtigheid geskied. Hulle moet verrot in die tronk, hulle lewe te lekker, moordenaars moet op koue vloer slaap. Hulle tronklewe is veel beter as die mense wat agterbly wie geliefdes aan die dood moes afstaan aan hul hande.

Jef ·

Ja Swanna almal van ons sou die doodstraf terug wil he maar dit sal nie want die mense regte kommissie se n moordenaar moet menslik behandel word en die doodstraf is nie menslik nie.
Twee lande in Europa het nog die lewenslange straf in hul regssisteem dit beteken die moordenaar sit sy straf tot die dood uit maar die mense regte kommissie het nou daar ook in opstand gekom en beweer dat dit 25jaar moet wees met aftrek van voorarres gratis medikasie,sakgeld en n staats toelaag en die be oefen van sport.

Alida ·

Hulle moet klippe kap en tronke bou want daar is nie plek vir al die misdadigers nie. Baie tronke kan so gebou word en hulle besig hou. Gesonde en moee liggaam huisves n gesonde gees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.