Swaar weer op pad na Gauteng; vlugte dalk vertraag

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Vlugte wat Vrydag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in Johannesburg moet land, kan moontlik vertraag word weens ʼn swaar storm wat oor die hele provinsie verwag word.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het aan Maroela Media gesê altesaam tien vlugte is Donderdagaand vertraag aangesien vliegtuie nie in die ongure weer kon opstyg nie. Volgens Tlali is dit nie tans duidelik of enige vlugte Vrydag vertraag sal wees nie. “Dit is nie tans moontlik om te bevestig of daar vlugte vertraag sal word nie, maar passasiers word aangeraai om ons webwerf dop te hou. Die vluginligting word voortdurend daar bygewerk,” het hy gesê.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Gautengers Donderdag gemaan om op hul hoede te wees vir swaar reën, hael, kitsvloede en stormsterk wind oor die provinsie. Wayne Venter, ʼn weervoorspeller vir die Suid-Afrikaanse weerdiens, het aan Maroela Media gesê motoriste word aangeraai om laagliggende brûe en ander gevaargebiede te vermy.

Minstens vier mense het Woensdag tydens kitsvloede aan die Oos-Rand verdrink, terwyl meer as 150 voertuie beskadig is.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het intussen aan Maroela Media gesê ʼn stemboodskap wat op WhatsApp en sosiale media die ronde doen van ʼn sogenaamde ER24-paramedikus wat mense waarsku dat ʼn hewige storm op pad is en dat mense by die huis moet kom, is ʼn slenter. Die vrou identifiseer haarself as Antoinette en sê dat ʼn waarskuwing op die “noodlyn” ingekom het van die erge storm wat die provinsie gaan tref.

“ER24 het nie hierdie stemboodskap uitgestuur nie en ons distansieer ons van die inhoud daarvan,” het Meiring gesê. “Volgens ons inligting is dit ʼn ou stemboodskap. Ons probeer tans die identiteit van die persoon wie se stem op die boodskap gehoor kan word, vasstel, asook wie die boodskap versprei het. Daar sal streng gevolge hieroor wees.”

Kyk hier op die OR Tambo lughawe se webwerf vir die jongste inligting oor die status van vlugte. Lees hier meer oor wat jou te doen staan indien jy skielik in ʼn kitsvloed vasgevang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Fourie ·

Miering konsentreer liewer op die mense wat julle nou brood nodig het,soos hulle se kitsvloede.Jy het geen benul waar en waneer dit toe slaan nie liewer bang JAN as dooie JAN meskien is daar iemand wat meer weet as julle,

Lena Jonk ·

Baie goeie antw, Amerika is op die wenpad hou maar dop. Kyk op julle neuse julle met al die vals kommnentare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.