Swaard-moord: Seun vir evaluasie gestuur

Argieffoto

Argieffoto

Die 16-jarige seun van Roodepoort wat glo sy ouma met ʼn swaard doodgemaak het, word deur ʼn paneel kundiges ondersoek.

Die Roodepoort Record berig op sy webtuiste dat die tiener by die Bosasa-sentrum vir jeugmisdadigers in Jouberton aangehou word.

Die seun, ʼn leerling aan Hoërskool Florida, het Maandag glo sy 76-jarige ouma met ʼn swaard doodgesteek en is volgens berigte later die middag by ʼn vriend se huis in hegtenis geneem.

Die seun het glo na sy vriend se huis gegaan nadat hy sy ouma met die swaard in die nek en bors gesteek het, het Beeld berig. Die seun se suster het haarself in ʼn slaapkamer toegesluit terwyl die huiswerker gevlug het.

Die seun se vriend het aan Roodepoort Record gesê: “Die dood en moord was fassinerende konsepte vir hom. Hy het altyd positief oor sluip- en reeksmoordenaars gepraat en het homself verbeel hy is ʼn sluipmoordenaar.”

Die seun het Woensdag vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Aadil Lambat, die seun se regsverteenwoordiger, het gesê die volgende hofdatum sal afhang van die uitkoms van die evaluasie en sal volgende week bevestig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.