Die 16-jarige leerling van die Hoërskool Florida se saak is tot later die maand uitgestel. Die seun se ouers en oupa het hom in die hof ondersteun.
Assesseringsverslae van sielkundiges en maatskaplike werkers sal op 25 Februarie aan die hof voorgelê word.
Die seun het in Desember glo sy 76-jarige ouma met die swaard vermoor. Die motief vir die moord is nie bekend nie.