Swaardmoord: Seun in hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouma met ʼn swaard doodgekap het, het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn, het Beeld berig.

Die 16-jarige leerling van die Hoërskool Florida se saak is tot later die maand uitgestel. Die seun se ouers en oupa het hom in die hof ondersteun.

Assesseringsverslae van sielkundiges en maatskaplike werkers sal op 25 Februarie aan die hof voorgelê word.

Die seun het in Desember glo sy 76-jarige ouma met die swaard vermoor. Die motief vir die moord is nie bekend nie.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.