Swaardmoordenaar uit op parool

Morne Harmse destyds in die hof. (Foto: Skermgreep via eNCA)

Die nou volwasse swaardmoordenaar Morné Harmse is op parool vrygelaat, sowat 14 jaar nadat hy as tienerseun met ’n Slipknot-geïnspireerde masker en samoerai-swaard by die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs in Krugersdorp ingestap en vier mense aangeval het.

Die opspraakwekkende voorval het die lewe van die 16-jarige Jacques Pretorius geëis. Twee tuinwerkers en nóg ’n leerder is destyds tydens die aanval op 18 Augustus 2008 beseer.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Maandagoggend aan Maroela Media bevestig dat Harmse sy minimum vonnis uitgedien en gevolglik op 3 Maart op parool vrygelaat is.

Nxumalo wou geen inligting rakende Harmse se paroolvoorwaardes bekend maak nie, maar het wel vanoggend gesê Harmse word aan streng paroolvoorwaardes onderwerp en amptenare van die DKD sal sy doen en late noukeurig dophou.

Harmse was ’n 18-jarige matriekleerder ten tyde van die voorval in 2008. Hy is die daaropvolgende jaar skuldig bevind aan een aanklag van moord en drie aanklagte van poging tot moord waarvoor hy effektief 20 jaar tronkstraf opgelê is.

Harmse het in Junie 2019 reeds sy minimum vonnis uitgedien waarna hy vir parool oorweeg is. Hy het as deel van die paroolproses die slagoffer-oortreder-deelnameprogram voltooi, waartydens sommige van sy slagoffers teenwoordig was.

Daar was in daardie stadium egter nog verskeie rehabilitasieprogramme en verslae uitstaande.

Harmse, nou 32 jaar oud, het voor sy vrylating agt keer voor die paroolraad verskyn.

Sy vonnis sal in Maart 2029 verstryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Misky ·

Ek hoop van harte die rehabilitasie het gehelp. As hy as jong seun so iets kon doen, sidder ek om te dink wat hy as 32 jarige man kan doen.

jeff ·

Met ‘n masker en ‘n swaard? Jy kan doen niks met hom. Hy is as mal soos ‘n rot binne ‘n koffieblik. Los hom in die tronk en gooie vir die sleutels in die see.

Perdeby ·

Ja hy sou want hy het net 20 jaar gekry. Niemand kan hom langer dan daar hou nie.

Swerwer ·

Genade dit is en bly vreeslik. Sy jeugjare is daarmee verby en mag hy ten goede op parool vrygelaat gewees het. Wat kon die rede wees dat hy so opgetree het.

Cornel ·

14 jaar vir n lewe ,wat n lekker land om wetloos te lewe ,bring on the holiday.

Marius ·

Moord gepleeg en na 14 jaar is hy ‘n vry man ? Dit is lonend om ‘n krimineel te wees.

SwartBees ·

Die vermoorde seun s’n ook. Die seun kry kans op die lewe. Die vermoorde seun se lewe is net daar gestop.

Koen ·

Di sverstommend hoe baie hier simpatie betoon met hierdie moordenaar. Sou dieselfde geld vir alle moordenaars?

...M... ·

Waar in jou lewe!!
Daar is ouers wat ‘n kind verloor het, en ander mense wat baie seer gekry het, hoe maak dit sin dat hy net kan uitkom??
Ek sal hierdie tipe goed nooit kan verstaan nie.

thejudge ·

Hy het 14 jaar in die tronk gesit en is tot 2029 op parool. Hy het geensins “net sommer uitgekom” nie.

...M... ·

Dit maak nog steeds nie op vir daardie persoon wie se lewe van hom af weg geneem is nie.
Sit jou in daai ouers se skoene….hoe sou jy voel?

Jean ·

Die ouers moet geen sê hê in die geval nie, anders is die saak nes Janusz Walus sin. Ons regstelsel is daar en dit is hoe dit werk.

AH ·

Ons weet almal wat parool in ons land beteken – dit is so goed as sommer net uitkom!

Miena ·

ek se weer en ek staan by my punt – solank ons die MRK in SA het – gaan die tipe straf hoogty vier en geen geregtigheid na ware nie. dit blyk in elk geval net vir sommige persone te werk

Debbie ·

Hierdie was opsetlike moord. Ek weet mens moet mense ‘n tweede kans gee, maar ek dink vir opsetlike moord moet jy lewenslank sit. Wat van die slagoffers en sy familie? Wat van hulle pyn en leiding? Hulle gaan nooit “parool” kry nie. Hy is 32 en kan aangaan met sy lewe. Klink nie of hy berou het oor dit wat hy gedoen het nie. As Christen sukkel ek hiermee dat moordenaars so lig in ons land gestraf word. Dit gaan altyd oor die misdadiger, sy regte en probleme. Almal vergeet altyd van die slagoffers en hul familie en vriende.

thejudge ·

Op 18 jaar oud was hy nie ‘n “tiener seun” nie maar ‘n volwassene.

Jannie van Niekerk ·

Ek verstaan nie ons regstelsel nie. ‘n Moordenaar word vrygelaat op parool maar ‘n paar verregses wat absloluut geen gevaar vir enige iemand inhou nie en aangekla is van hoogverraad moet hulle volle vonnis uitdien? Mark my words, hierdie malletjie gaan weer sy swaard uitpluk, ongeag die kastige streng paroolvoorwaardes.

Jean ·

Janusz Walus gaan seker in die tronk doodgaan juis omdat familie ‘n sê het oor die parool.

Gert ·

Hoor nou wat hy gedoen het was verkeerd. Maar Harmse was erg geboelie deur sy slagoffer. En die man het op ‘n punt gekom waar hy gesê het genoeg is nou genoeg en hy het drastiese stappe geneem om sy probleem op te los. Dit het hom sy jeug gekos wat hy nou betaal het volgens die regstelsel. Nou moet hy gaan werk soek om vir homself te sorg en almal se oë gaan op hom wees sodat as hy skeeftrap hy terug tronk toe sal gaan. Ek reken los hom dat hy kan aangaan met sy lewe soos al die ander moordenaars wat op parool gaan.

Koen ·

Volgens jou argument moet alle “slagoffers” maar links en regs moord pleeg. Ek hoop nie jy boelie my met jou antwoord nie. Pasop, nê.

Gert ·

Dis nie wat ek sê nie maar selfs ‘n vasgekeerde rot gaan byt. Boelies kom met moord weg en wanneer hulle hulle moeilikheid kry is hulle die slagoffers en het hulle maar net gespeel.

philippus ·

As jy in die gemeenskap vrygelaat word, voor jy vonnis uit gedien is, het daai gemeenskap DIE REG, om te weet wat die voorwaardes is, en waar die skurk bly, sodat ons kan versigtig kan wees. Parool raad het hom al self lankal as onbevoeg bewys.

AH ·

Ek is baie skepties oor die rehabilitasieproses. Dit grief my dat iemand net ‘n paar jaar in die tronk bly en dan vrygelaat word om (dalk) weer iemand se lewe te neem as die rehabilitasie nie suksesvol was nie… Ek sou verkies dat moordenaars en verkragters nooit weer in die gemeenskap losgelaat word nie….

Dies ·

Maar Hani se moordenaar moet bly sit.????
Daar is geen geregtigheid nie, piesang Republiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.