Swaargewapendes blaas kitsbank op

Die polisie op die toneel. Foto: SAPD

Die polisie op die toneel. Foto: SAPD

ʼn Groep van minstens vier swaargewapende verdagtes het Dinsdag in ʼn die vroeë oggendure op ʼn Oos-Randse vulstasie toegeslaan en ʼn kitsbank opgeblaas.

Kapt. Piet Rossouw, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 02:30 by ʼn afgeleë vulstasie in Vosloorus plaasgevind.

“Die groep het in ʼn Volkswagen Polo opgedaag en naby die kitsbank stilgehou,” het Rossouw gesê. “Petroljoggies aan diens het vanuit die vertrek waar hulle gesit het, gesien ʼn man stap na die kitsbank, terwyl iemand anders homself naby die motor verlig.”

Dit kitsbank wat opgeblaas is. Foto: SAPD

Dit kitsbank wat opgeblaas is. Foto: SAPD

Kort daarna is drie harde slae gehoor. Van die verdagtes in die groep is na die petroljoggies se vertrek en het almal vasgebind, terwyl die res van die groep al die geld uit die kitsbank verwyder het.

“Dit is nie bekend hoeveel geld in die kitsbank was nie, maar hulle het alles gevat voordat hulle gevlug het.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hasie ·

Indien die polisie hierdie ouens aankeer, dan is hulle goed. Ouens wat ‘n kitsbank opblaas doen hulle huiswerk deeglik.

liewe aarde ·

Liewe aarde wat nog? Hul moet net hulself ook opblaas, sal ons almal drama spaar.

Petra ·

Hulle hou net nie op nie. As dit ‘n ou tannie van 80 wat aangerand word vir haar horlosie nie dan is dit ‘n kitsbank.Wanneer gaan dit einde kry.

Koos ·

Swaar gewapende mans ……net die polisie en weermag is swaar gewapen ?????

GES ·

Dit klink of die petroljoggies nadat hulle verdagte handelinge opgemerk het, aangebied het om vasgemaak te word. Kon hulle nie wegkom en alarm maak nie?

Lida ·

Wat van die paniekknoppie druk vir die Sekuriteitsmaatskappy toe hulle sien iets is fout. Dit klink maar vir my so asof hulle gespeel het vir tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.