Swaargewigbokskampioen Jimmy Abbott oorlede

Jimmy Abbott (Foto: HWA Honour Wrestling Association/Facebook)

Die voormalige swaargewigbokskampioen Jimmy Abbott is Sondagaand in die ouderdom van 61 oorlede.

Heidelberg Volunteer Medics het gesê paramedici is omstreeks 18:50 ontbied na ʼn toneel met ʼn manlike pasiënt wat sukkel om asem te haal en ernstige hartversaking. “Vrywilligers het dadelik reageer. Om 20:40 is Jimmy Abbott oorlede,” het die organisasie in ʼn plasing op Facebook gesê. “Dit is met ʼn swaar hart dat ons dié legende groet. Ons dink aan en bid vir sy familie en vriende. Annette, jy is die Bybelse voorbeeld van ʼn goeie vrou.”

Die Honour Wrestling Association het ook hulde gebring aan Abbott. “Hy was ʼn legendariese bokser en stoeier. Hy was ook een van die grootste Lions Rugby Co-ondersteuners. Hy het nooit ʼn wedstryd by Ellispark misgeloop nie. Oom Jimmy, ons gaan jou mis.”

Abbott was ook bekend as evangelis.

“Jimmy, ou Grote, jy was ‘n ware ‘gentleman’ en kryger vir Jesus. Ons gaan jou mis.

Jimmy Abbott (Foto: Steven Sterling & Ryan Walt/Facebook)

Innige meegevoel met sy vrou Annette wat altyd aan Jimmy se sy gestaan het en ‘n ware steunpilaar vir hom was,” het die Heidelberg Times gesê.

Champions Pro Wrestling het bygevoeg Abbott se seun is ook langs oorlede. “Dit is met groot hartseer dat ons verneem van die afsterwe van Suid-Afrika se grootste sport-ikone. Ons het jare lank deur Suid-Afrika gereis as aktiewe professionele stoeiers en ons het baie goeie vriende geword. Jimmy het jare gelede al sy lewe aan die Here gegee en die bediening betree waar hy talle mense se lewens aangeraak het met sy ongelooflike getuienis. Jimmy, jy was ʼn gentle giant en jy word reeds gemis deur jou vriende en familie. RIV Jimbo, ons innige meegevoel met jou vrou en hele familie. Jy is nou amptelik tuis.”

Een van die grootste karakters in Suid-Afrikaanse sport, die nimlike Jimmy Abbott, is vroeër vanaand oorlede.Abbott,…

Posted by SupaRugby on Sunday, March 21, 2021

???????? It is with great sadness that we bid Jimmy Abbott farewell. He has always supported Heidelberg SPCA and was a big man…

Posted by SPCA Heidelberg Gauteng South Africa on Sunday, March 21, 2021

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Strandloper ·

Age nee, nog n legende minder. Sterkte aan die familie.

Prontuit ·

;-( en net gisteraand kyk ek “slank” met hom en Leon Schuster, ai hoe hartseer RIV, jy was ‘n legend

Kobus ·

Jy was n ware voorbeeld vir baie ,dankie ou Jimmy sterkte aan die familie

Dries ·

Ai ai dit is tragies. Hoop regtig nie die strawwe gewig verlies het bygedra nie. Hy was so opgrwonde oor die gewig wat hy so mooi verloor. Sterkte aan sy familie

MakersMark ·

Sien him nog op Ellispark sit met sy Transvaal rugby trui. Albei stoele vol. Groot karakter van SA sport en ‘n legende. Mike, Jimmy en Kallie grappe….en eintlik was hy nog jonk. Jammer hy is weg.

Ralph ·

Hy was opvallend baie te sien op Kyknet oor die laaste maand of so.
‘n Karakter op sy eie. Het sy foute erken en reggemaak.

Samuel ·

Het ook gisteraand gekyk op Kwêla en Slank- – so hartseer. Rus in Sy vrede.

Excalibur ·

Aandag!! Salueer! Nog ‘n seder val en ‘n louwarm traan vind sy weg uit nostalgie, liefde, trots en ‘ blink storieboek einde aan vol lewe gewy…Jimmy het nederig Bybels gelewe om ALLES te toets en te probeer en die goeie te behou. Jou waagmoed, durf en deursetting sal ons altyd onthou Ou Grootte! Ons wik maar God beskik; Rus in Volkome Vrede…

Danie ·

Ai Jimmy vandag is n hartseer dag. Baie mense het op jou neergesien maar Jesus het jou altyd styf teen Sy hart vasgehou. Jy was n yster man. Jy het altyd baklei vir dit waarin jy geglo het. Jy was een van die bestes in die boks kryt maar jy was n wereld kampieon in jou geloof. R. I. V

Realis Thailand ·

Hy Kallie en Leon Schuster is karakters op hulle eie
Rus in vrede
Jy het vir baie mense geluk en plesier in die lewe gebring.
Mag die familie vrede vind en dankie vir sy vrou wie so goed na hom gekyk het

Noels244 ·

Dis regtig baie hartseer, ek het juis Sondag op Slank gekyk hoe lekker hy golf gaan speel het. Hy was ‘n inspirasie op meer as een gebied. Rus sag, al ons sterkte aan Annette en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.