Swaelreuk oor Pretoria dalk Eloise se skuld

‘n Grafiese aanduiding van die swaweldioksied wat oor Gauteng versprei (Foto: Gauteng Weather, Twitter)

Pretoria se inwoners kla sedert die naweek op sosiale media oor ’n skerp swaelreuk wat in die lug hang.

Prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia, sê die reuk is afkomstig van swaeldioksied (SO₂) in die lug wat heel waarskynlik van Sasol se Secunda-aanleg kom. Sterk winde waai dié myndorp se swaelreuke nou direk na Gauteng toe.

Johan Gouws, ’n landboukundige weerkenner, sê die tropiese sikloon Eloise het moontlik veroorsaak dat daar nou ’n tropiese laagdrukstelsel oor Mosambiek is wat die sterk winde wat Gautengers nou voel die binneland instuur.

“Dit is ’n rare gebeurtenis, want Gauteng se wind kom gewoonlik van die noord-noordooste af, terwyl hierdie wind van die suidooste af kom,” sê Johan.

Die wind beweeg kloksgewys en ontstaan in die suide van Mosambiek voor dit suidoos reg oor die steenkoolmyne van Mpumalanga waai. Dit draai dan in ’n noordwestelike rigting sodat dit reg oor Gauteng waai op pad Botswana toe. Die Gautengers kry dus al die reuke vanaf myndorpe soos Kriel en Bethal.

“In die Vrystaat is daar ’n soortgelyke verskynsel. Wanneer die wind vanuit ’n noordoostelike rigting waai, bring dit reën vir die sentrale provinsie. Die boere word dus baie bly as hulle Sasol se fabrieke in Sasolburg, in die noorde van die provinsie, ruik,” sê Gouws.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

Eloise of Sasol se skuld? Dit meen dat Sasol se besoedeling hoog is.

Kokerboom ·

Vroeër jare was Pretoria altyd geteister deur die onaangename reuke van die destydse Yskor hoogoonde.

James ·

Sedert ek 8 jaar oud was, leef ek al met Sasol 2 en 3 se swaeldampe saam, suid van Secunda.

Dink Pretoria hulle is spesiaal?

Lizelle ·

Nie spesiaal nie dit maak my bekommerd, want kyk hoe sarkasties het die dampe jou gemaak

Nie Verbaas ·

Nie spesiaal nie maar tog kommerwekkend dat mense die besoedeling gelate aanvaar.

Thom ·

Die erge lugbesoedeling van Sekunda teister ons (Rayton omgewing) veral in die winter wanneer temperature dus daal en die wind vanaf die Suid Ooste waai. Behalwe vir die reuk vergitig dit ons. Hoofpyn, sinusitis ens. Die vraag is: wat gaan “hulle” omtrent dit doen? Dié lugbesoedeling pla al vir ‘n hele paar jaar, maar oënskynlik word die probleem nie aangespreek nie.

Hennie J ·

Nou weet julle hoe dit ruik om saam met Alfonsie te bly of kan dit dalk wees dat die blou bul n maagongesteldheid onder lede het?

Fedup ·

Blame it on the weather.
Then again, everything gets the blame, but not the guilty one’s.
How sassy.

Cecilia ·

Nou kan d Gautengers n voorsmaak kry v hoe ons in d Mbombela ( Mpumalanga)area voel as SAPPI se reuke j soggens versmoor. Dink voor j print want daardie papier is afkomstig v Mbombela (Mpumalanga) en ons moet met d STANK saamleef

Johannes ·

Swaeldampe is glo baie effektief teen Covid… Haal dus diep asem en blaas baie stadig uit!

Bushy ·

Jou opmerking grens aan medies advies en selfs al is dit as humor bestempel kan dit ernstige regs gevolge vir jou inhou. Wees baie versigtig met sulke “grappe”

marius ·

Ja , en die riool besoedeling is die Vaal rivier se skuld .

Genis ·

Ek het altyd kraak toetse (NDT) op Sasol gedoen met hulle groot “shut-downs”.. Eergister hier in Pretoria sit ek en gesels met n vriend. Eweskielik kry ek die Secunda reuk, mens wat daar op die aanleg sal weet hoe ruik jou klere… Ek het gedink dit was uiters snaaks, nou maak dit volkome sin….

Louis ·

Swaelreuk oor Pretoria is ‘n ou storie – lank voor Eloise al. Veral in die Ooste van Pretoria ruik ons dit dikwels. Ons vermoed dit kom van Secunda af, as die wind vandaar af waai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.