Swak eiendomsmark stuit Kaapse rykes nie

Foto: Verskaf

Ten spyte van die swak eiendomsmark wat Suid-Afrika tans ervaar, word huise in peperduur rykmanswoonbuurte in die Wes-Kaap voor die voet opgeraap.

Sowat 235 eiendomme is die afgelope jaar op die Val de Vie-landgoed verkoop. Dié landgoed in die Kaapse Wynland het sowat R1,2 miljard se verkope in die afgelope 12 maande geregistreer. Daar word boonop ʼn verdere 100 verkope se registrasies vroeg volgende jaar verwag vir die landgoed se The Acres, Val de Vie, Evergreen en die Pearl Valley Hotel.

Ryk Neethling, voormalige Suid-Afrikaanse swemkampioen en die bemarkingsbestuurder van Val de Vie, sê die verkope dui op die likiditeit van die mark en dat mense steeds belangstel om in die landgoed te belê.

Foto: Verskaf

Volgens Neethling kan 10% van die beskikbaarheid van huise op die landgoed toegeskryf word aan Suid-Afrikaners wat emigreer. Dié huise word egter weer vinnig opgeraap.

Volgens Neethling het huise op die landgoed se waarde oor die afgelope vyf jaar in sommige gevalle meer as verdubbel. Hy verduidelik dat ʼn eiendom wat vyf jaar gelede sowat R5 miljoen gekos het, nou ʼn koper tussen R10 miljoen en R15 miljoen uit die sak gaan jaag.

Foto: Verskaf

“Daar is tans ʼn leë erf te koop op die landgoed se poloveld, wat in 2007 vir sowat R1,5 miljoen sou verkoop. Die erf se waarde staan tans op R19 miljoen,” sê hy.

Oor die laaste drie jaar is sowat 200 nuwe huise hier gebou en is daar tans 1 600 huise op die landgoed. “Baie van die verkope is ook as gevolg van eienaars wat hul huis op een deel van die landgoed verkoop en dan na ʼn ander deel van die landgoed verhuis. Hierdie eienaars kry nie net die geld terug wat hulle in hul eerste eiendom belê het nie, maar kry ook uitstekende kapitaalgroei vir die eiendom.”

Foto: Verskaf

Intussen het semigrasie, waar Suid-Afrikaners van een provinsie na ʼn ander verhuis, ook afgeneem, grotendeels omdat Gauteng tans ʼn moeilike verkopersmark ervaar. Tog is daar steeds Gautengers wat eiendomme op die landgoed koop, wat dikwels meer R15 miljoen kos.

Volgens Neethling was daar ook ʼn toename in die aantal kopers wat uit Kaapstad se suidelike voorstede en aan die Atlantiese kus na die landgoed verhuis het. Die skuif, meen hy, spruit uit ʼn behoefte aan veiligheid.

Internasionale kopers het ook meer belangstelling in die landgoed getoon, met baie kopers wat voordeel getrek het uit die swakker rand en meer waarde vir hul geld kry, sê hy.

Die deursnee koper van eiendomme op die landgoed is 53 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sjoe

Dis darem maar mooi daar hoor!

Petrus

Klink maar na ‘n bemarkingsfoefie. Daar is huise daar wat vir jare in die mark is. Eienaars emigreer op strepe. In ander dele van die land dieselfde. Aanbod oorskry vraag. Buitelanders is ook huiwerig om hier te belê. Hierdie raak soos ‘n Ponzi, die ou wat laaste koop sit met ‘n waardelose bate.

Gerrit

Baie mooi, maar ek sal eerder R1 miljoen op n huis spandeer en die res op n lekker helikopter of ander speelgoed, as R15 miljoen op n huis.

PJC

Die “liberals” in die suidelike voorstede wat so neergesien het op ons konserwatiewes en so hard baklei het vir die nuwe bedeling trek nou na hierdie tipe plekke toe omdat hulle nou skielik onveilig voel maar nooit hul liederlike foute op die politieke front sal erken nie.

Amanda

Pryse van eiendomme by die kus is ongelooflike malligheid, buitensporig duur. In die binne land kan jy so huis bekostig, dis nou net omdat dit by die kus is. Watter gewone salaris trekker kan sulke huise bekostig. Daardie eiendomne gaan lank in die mark wees. Op die ou end gaan dit vir ñ appel en ñ ui verkoop word.