Swanger ma, baba sterf by hospitaal weens ‘nalatigheid’

Sithembile Shabane (23) is weens beweerde nalatigheid by die General Justice Gizenga-gedenkhospitaal dood. (Foto: verskaf)

Die KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, het streng optrede beloof indien bevind word nalatigheid was die oorsaak van ʼn 23-jarige ma en haar ongebore baba se dood.

Sithembile Shabane en haar baba het verlede week by die General Justice Gizenga-gedenkhospitaal (GJGMH) in KwaDukuza gesterf.

Simelane-Zulu het Woensdag ʼn verrassingsbesoek aan die Isithebe‑kliniek gebring en gesê ʼn ondersoek sal gedoen word om die omstandighede te ondersoek waaronder Shabane se gesondheid bestuur is nadat sy Vrydagoggend aanvanklik by dié kliniek aangekom het.

Simelane-Zulu het gesê bewerings van nalatigheid deur hospitaalpersoneel, die vertraagde aankoms van die ambulans wat Shabane uiteindelik na die hospitaal geneem het, asook haar behandeling dáár, gaan deel vorm van die ondersoek. Sy is Saterdag in die vroeë oggendure by die hospitaal dood.

Die voorval het groot woede in die gemeenskap veroorsaak. Sommige inwoners het selfs gedreig om die kliniek te plunder.

Simelane-Zulu het gesê die regering werk hard om voorvalle van moeder-en‑kindsterftes te verminder en dat voorvalle soos dié groot rede tot kommer is.

“Ons het Saterdag ʼn oproep van ʼn inwoner, sowel as die plaaslike wyksraadslid gekry. Hulle het gekla het dat ʼn jongmens onder verdagte omstandighede gesterf het. Ongelukkig was die 23-jarige wat dood is, ook swanger,” het sy gesê.

“Die gemeenskap was teen dié tyd hoogs ontsteld weens bewerings dat personeel nalatig was. Ons het self kom kyk en met die personeel en inwoners kom praat om vas te stel wat werklik gebeur het. Die familie en inwoners was by die vergadering verteenwoordig, dus kon ons die saak bespreek.”

Simelane-Zulu het gesê die departement sal binne ʼn maand ʼn verslag oor die gebeure hê en sal daarna terugvoer gee.

Vusi Hlekwayo, ʼn verteenwoordiger van die Shabane-familie, het die LUR vir haar spoedige ingryping bedank.

“Ons is bly die LUR het self kom kyk, maar ons is hartseer dat ons ʼn geliefde weens beweerde nalatigheid by ʼn staatshospitaal verloor het. Dit grief ons dat iemand dood is weens onvoldoende sorg,” het Hlekwayo gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die LUR om te verseker die saak word nie ligtelik opgeneem nie.”

Maroela Media het vroeër berig die LUR vir gesondheid in Gauteng, Bandile Masuku, het in ʼn ander voorval by ʼn hospitaal in dié provinsie ingegryp nadat ʼn 76-jarige ouma met haar hande agter haar rug aan ʼn stoel in ʼn hospitaalgang vasgemaak is.

Martha Marais is erg getraumatiseer ná die voorval by die Mamelodi-hospitaal in Pretoria. Die vier personeellede wat glo by die voorval betrokke was, is op spesiale verlof geplaas en die LUR het Marais tuis besoek nadat sy Saterdag uit die hospitaal ontslaan is.

Zweli Mkhize, die nuutaangestelde minister van gesondheid, het ure ná sy aanstelling sy skok oor die voorval uitgespreek. Mkhize en Masuku het kort daarna die betrokke hospitaal besoek om antwoorde van personeel te eis en te verseker dat Marais gehalte sorg ontvang.

Die departement het tydens die besoek bevind dat Marais sleg behandel is en dat die standaardprosedure nie gevolg is nie.

Mkhize en Masuku het ʼn volledige ondersoek na die voorval aangevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Judge Dredd ·

Dit sal help as mense in die mediese bedryf meer besorg VOOR die tyd is, en nie agterna nie.

James ·

Voorsorg te laat. Die woord voor word toegepas eerste VOOR sulke goed gebeur. Maar ja jy kry waarvoor jy vote

HM nee ·

Opleiding weekliks. Kwaai matrone. Leandi neem fotos ook van die hospitaalvorms in die omslag. Trauma mut dadelik hanteer word. Minister van Gesondheid moet intree en die hospitale se vrotkolle uitwis. Hierdie slakke hoort nie in uniform nie. Maar opleiding defnitief. Wens .LUR wil my volmag gee om hospitale te besoek en james bond te speel. Ek ken van

Leandi ·

Ongelukkig gaan dit ooral so. My seun le al van Sondag af in Steve Biko hospitaal nadat hy vroeg die oggend in n motorfiets ongeluk betrokke was en sy enkel gebreek het. Die dokter het beloof om hom op die nood operasie lys te plaas omdat sy enkel op so manier gebreek het dat hy moontlik sy voet kan verloor indien daar nie vroeg genoeg geopereer word nie. Nodeloos om te se is hy nooit op die nood lys geplaas nie en kan niemand in die stadium vir ons antwoorde gee wanneer die operasie gaan plaasvind nie.

Foxi ·

Haal hom daar uit! Hy gaan lank daar lé. Probeer Potchefstroom hospitaal.
Mense, probeer om tenminste n hospitaal plan te kry in die toekoms.
Staatshospitale se dienste is swak…swak! Jou lewe is nie eens veilig daar nie. TRAGIES!

Leoni ·

Neem n video en ait op sosiale media. Dit blyk om te werk!!

marous ·

Reeds oor die afgrond gestort , nes al die ander eens trotse instellings . Ironies dat alles te doen het met geld waarvoor die verwoestaards nie ‘n hand uit die sakke gelig het nie . Die goue eier gansie is lankal opgevreet en nou krap die spul in die mis rond vir iets om te aas .

Tanya ·

Ek verstaan dat baie mense kwaad is. Maar om te plunder gaan niks help nie

Arnót ·

Kyk maar net na die hospitale se name, so is dit duidelik hoekom dit n totale en algehele gemors is!

Michelle ·

Daar moet na al die staat hospitale en klinieke gekyk word, mense word mishandel , hul kry nie die mediese hulp wat hul moet kry nie. Daar is van die pasiënte wat nie eers medikasie kry nie, party klinieke het nie eers dokters vir maande nie, susters skryf self voorskrifte uit. Niks word gemonitor nie. Party plekke is in walglike omstandighede. Waarom moet hierdie mense wat siek en hulpeloos is erger as gemors behandel word as hul kom aanklop vir hul reeds by die plek waar die plakkate groot geskryf staan jy is geregtig omy behandeling te kry en jou menswaardigheid te behou. In Maroela Media was daar ‘n paar dae reg van die vrou wat aan ‘n hospitaal voetstuk vasgemaak was op die vloer, heeltemal onmenslike.

barend v d westhuizen ·

hulle is kwaad vir die hospitaal wie werk in die hospitaal hulle mense waar om dring hulle nie aan dat daar die wat skuldig is uit ggooi moet word nie maar soos gewoonlik as die swart mense nie hulle sin kry nie wil hulle als af breuk en brand daar om sal hulle altyd swak diens kry wand wand hulle eerder moet doen is klagtes in sit teen staff wa hulle swak behandel en werk lewer staan saam teen swak diens lewering mense

Anoniem ·

Staats hospitale was in die ou dae van die beste hospitale in die land, maar het soos alles onder die nuwe bedeling verval.

Sarel ·

Sou graag wou weet of al n Geregtelike Ondersoek deur SAPD geopen is?

jaco ·

Die ma het dan die “regte” velkleur gehad. Waarom is sy dan sleg behandel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.