Die Mpumalanga-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na vyf mans wat oor die naweek ʼn swanger matrikulant glo tydens ʼn huisbraak ontvoer en vermoor het.
Kol. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vyf mans het Vrydag omstreeks 23:00 op ʼn huis in Saselani naby Bosbokrand toegeslaan terwyl die matrikulant (20) en ʼn 24-jarige familielid geslaap het.
“Die mans het die twee slagoffers met gewere aangehou en op geld aangedring,” het Hlathi gesê. “Hulle het die geld geneem en die 20-jarige vrou teen haar wil daar weggeneem.”
Die vrou se liggaam is die volgende dag omstreeks 08:00 in die omgewing gevind. Volgens Hlathi is sy wreed vermoor.
Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof, ontvoering en moord.
Hoekom haar nou vermoor????????? Die mensdom is darem SO siek!!
Ek begint die idee kry SA is baie gevaarliker as wat ons dink
Suid afrika is die gevaarlikste land in die wereld. Dan trek ons maar kanada of nieu zealand toe.
hoop net nie die “pa” was deel van ontvoering nie
Lillie ek het presies dieselfde idee gekry !
Kom ek wed julle die pa van kind het als hiermee te doen hy wou dalk nie die baba he nie en sy wou.
Dis siek, so weerloos en nog swanger…dis n dubbele moord. Geen lewe beteken iets meer in die land nie, dis omdat hulle wegkom daarmee en sulke kort tydpeke in n tronk sit, daar is geen afskrikmiddel nie.
Iewers moet iemand iets begin doen. Die land is baie wreed. Bring die doodstraf terug want trokstraf help nie. Die tronk is net n hawe vir hul vir n tydperk waar hul kos en slaap plek verniet kry dan kom hul uit en doen dit net weet. Vat 1 moordenaar as n voorbeeld en gee hom doodstraf. Dan sal die plaasmoorde en moorde baie minder word. Mense ons moet baklei om die doodstraf terug te bring. Anders waar gaan ons en ons kinders eindig
As alle rasse saam staan en n helse optog hou vir doodstraf dan moet gehoor gegee word…